Luister aanlyn
Luister op DStv
Luister op jou selfoon
Volg ons op Facebook
 
AM 657 Omgeedag
Besoek aan die Christ Church in Hillbrow

Die aanbieders van Radiokansel, het na hulle maandelikse kerkbesoek, waar hulle bewus geword het van die nood van ander, besluit om iets aan die saak te doen. Op 16 Desember het ‘n aantal aanbieders en ander personeellede van Radiokansel deelgeneem aan ‘n aksie wat hoop aan die hopeloses, liefde aan die wat weinig liefde ontvang en sorg aan die sorg behoeftiges gebring het en daardeur gepoog om vir hulle ‘n reisgenoot in hul soeke na sinvolheid te wees.

Daar was musikante wat deur middel van sang die boodskap van hoop oorgedra het en ook gesorg het vir voedsel na liggaam en gees. Ons doel was nie net om hoop en vermaak te verskaf nie, maar veral om die boodskap oor te dra dat God vir die behoeftiges en armes ook omgee en sorg.

Aangesien dit slegs ‘n paar dae voor die herdenking van Christus se geboorte, wat gesimboliseer word deur geskenke en familiebyeenkomste, was, het die Radiokansel-aanbieders familie geword vir die meer as 115 behoeftige mense deur na hulle te luister, met hulle te praat, saam met hulle te bid en berading te gee.

Vir my was die hoogtepunt om die vreugde en blydskap te sien toe ons vir almal geskenkies uitgedeel het. Dit het voorwaar die dankbaarheid en waardering gesimboliseer van dit wat Radiokansel vir hulle beteken het.

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2011. Alle regte voorbehou