Volgens die nuutste inligting, is die
Duitsers die grootste “sondebokke” as dit
kom by hulle weeklikse uitgawes op
kruideniersware. ‘n Gesin van vier spandeer
blykbaar R3712.00 per week. In Amerika
spandeer dieselfde gesin (2538.00 en in
Italië R1967.00, in Egipte R207.00, in
Ecuador R234.00, in Bhutan R37.00 en in Chad
R9.00 – R13.00. Hoe lyk jou en jou gesin se
kruideniersware rekening en hoeveel kan jy
spaar deur slegs die noodsaaklikhede aan te
koop? Beplan so:
Beplan jou kruideniersware aankope: Lys die noodsaaklike weeklikse items deeglik, hou by
jou lys en maak ‘n reël in jou familie dat
niemand inkopies mag doen sonder ‘n lys nie.
Geld wat gespaar word moet in ‘n
spaarrekening gesit word: Vestig ‘n gewoonte
van spaar al is dit R50 of R100 per maand.
Die ekstra “lekker” goed wat jy wou koop kan
help dat jy ‘n goeie spaar-gewoonte begin.
So bou jy ‘n kontant reserwe op vir daai
onvoorsiene tye.
Hou rekord van alle aankope: Hou jou
strokies en liasseer dit weekliks. Dit help
jou om te beplan vir toekomstige besparings.
Beplan rondom
brandstof verbruik: Doen ‘n
roete beplanning, stig saamry-klubs en jy
sal verbaas wees hoeveel honderde rande jy
in ‘n maand gaan spaar.
Kommunikeer met
jou krediteure: Maak
reëlings vir skuld-afbetaling, moenie skuld
vermy nie, maak ‘n plan om dit af te werk.
Skaal af: Gaan na watter onnodige dinge jy
besit en verkoop dit. Dalk kan jy selfs ‘n
kleiner huis of motor aanskaf.
Gesinsvergadering: Hou maandeliks een dag
voor salarisdag ‘n vergadering saam met die
gesin en bespreek die volgende: ‘n
Prioriteitslys vir die volgende maand (en
hou daarby), ‘n deeglike begroting wat jou
inkomste en uitgawes in detail uiteensit en
‘n kreatiwiteitsvergadering waartydens
planne en idees bespreek sal word om
uitgawes vir die volgende maand tot die
minimum te beperk.
En laaste maar nie die minste nie, wandel in
God se Woord en vra Hom vir wysheid en
leiding.