Luister aanlyn
Luister op DStv
Luister op jou selfoon
Volg ons op Facebook
 
Beradingsnuus
God is by my in my trauma

In ons mooi land word ons daagliks gekonfronteer met geweld, misdaad, armoede, korrupsie…
Al hierdie dinge is nie nuut in die wêreld nie. Dawid vertel ons in Psalm 22 hoe hy deur sy vyande getraumatiseer is. Hulle het hom verbaal en fisies aangeval en God gelaster. Hoe het hy die trauma hanteer?

In sy skok en ontsteltenis het hy gevlug. Hy het dodelik moeg en siek geword. In sy depressie het hy gedink: Hierdie mense het die mag om my te vernietig; ek is soos ‘n wurm: magteloos, onveilig, hopeloos: en God is afwesig. Die Gees van God het Dawid egter verseker: God is die lewende, betroubare, betrokke almagtige Verbondsgod! Hy gee om, luister, help en verlos jou! Die Heilige Gees het sy gedagtes vernuwe: God is by jou in jou nood!

Hoe kan jy weet dat jy nie alleen is in trauma en swaarkry nie? Deur God se enigste Seun uit die stam van Dawid. Jesus het deur lyding, geweld, korrupsie en trauma gegaan sodat ons kon verstaan dat God ons waarlik lief het.

Jesus is ook deur God verlaat – sodat ons daardie hel nooit hoef te beleef nie. Dis maklike woorde om te sê en slegte dinge gebeur nogsteeds met God se kinders, want mense het nogsteeds hulle eie wil. Wat jou posisie as kind van God, anders maak as ander mense in ‘n tyd van trauma, is dat jy kan vashou aan die belofte van die kruis en die leë graf. God het jou nie vergeet nie, al voel dit soms so. Daardie gevoel is ‘n leuen wat jou omstandighede net vererger. Die bewys daarvoor is Jesus se kruisdood en opstanding, die perfekte offer wat vir jou sonde gebring is.

Jesus het gekom sodat ons nooit hopeloos, verlate en wanhopig hoef te wees nie. Hou vas aan God se onverskrokke liefde! Hy’t sy Seun verlaat sodat jy dit nooit hoef te beleef nie.

Dr. Vorster Combrink (Bestuurder Beradingsafdeling)
Die beradingsdiens van Radiokansel word bestuur deur ABBO (Assosiasie vir Bybelse Berading en Opleiding. Navrae oor ABBO se beradingskursusse is beskikbaar op www.abbo.org.za of by (011) 886-7414
.

 

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2011. Alle regte voorbehou