Luister aanlyn
Luister op DStv
Luister op jou selfoon
Volg ons op Facebook
 
Regverdige spel is van toepassing op Finansies
Deur Hein Kruger

2 Tim 2:5 "n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding."

Niemand dwing 'n atleet om binne die kantlyne van die speelveld te speel nie. 'n Atleet of deelnemer aan die spel weet dat as hy oor die kantlyn trap of die bal uitskop, hy of sy onkant sal wees en dat die skeidsregter die fluitjie Sal blaas, die spel gestop word en die bal aan die ander span gegee sal word as straf teen die oortreder om die spel weer te begin tot voordeel van die opponente.

Dit is die reëls van die spel en die prys kan slegs gewen word as daar binne die reëls gespeel word. Hierdie beginsel geld ook soveel te meer wat finansies aanbetref. Om 'n eerbare doelwit en finansiële oorwinning te behaal moet 'n mens dus binne die reëls van die spel bly en jou finansies op etiese en georganiseerde wyse hanteer.

So leer Paulus vir ons in die briewe aan sy leerling Timotheus die reëls van die spel as Christen. Hieruit is dit bale duidelik dat Christene, soos atlete, weet dat die spel, die reëls en die prys onlosmaaklik aan mekaar verbind is. Mens neem vrywillig aan die spel deel, aanvaar die reëls en weet dat dit nie moontlik is om die prys daarbuite te wen nie. Beginsels wat sal verseker, indien korrek toegepas op jou finansies, jy die uiteindlike oorwinning sal behaal deur die krag van Jesus Christus. Dit is die moeite werd om Bybelse en Christelike reëls toe te pas op jou finansies, omdat jy dan die bewaarder van alle skatte, ons Hemelse Vader in beheer daarvan stel.

Maar buiten aardse gewin is daar iets belangriker waarop ons moet fokus, die Ewige prys wat ons Skepper aan ons gee, die Ewige Lewe saam met die Skepper. Die spel is die lewe op aarde om God se Koninkryk te bou en die reëls is om Christus te aanvaar as die enigste Skeidsregter wat vir ons keer op keer weer 'n kans gee as ons die bal oor die kantlyn skop en wat ons as oorwinnaars sal aanwys aan die einde van die spel.

Speel dus regverdig in alles wat jy aanpak om iou hemelse oorwinning te verseker.

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2011. Alle regte voorbehou