Luister aanlyn
Luister op DStv
Luister op jou selfoon
Volg ons op Facebook
 
Skakel in by ons Koning se oorwinningsplan!
deur Vorster Combrink, Bestuurder Beradingsdiens

(Matteus 28:18-20)
""Aan My is al die mag gegee in die hemel en op die aarde" sê Jesus Christus. Hy bet reeds die Satan se mag gebreek. Hy bevry sondaars van die mag van die Bose. Hy maak ons sy dissipels wat Hom volg en dien by die huis, skool, fabriek, kantoor, op die sportveld en in die verkeer.

Die almagtige Koning betrek ons by sy alles-omvattende plan: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels." As ons Hom getrou volg, verteenwoordig ons Hom by allerhande soorte mense, selfs by ons vyande: rowers en mense met vals godsdienste - ook by hulle wat ons land gaan besoek tydens die wêreldbeker sokker-toernooi. Dink aan al die sportvelde, pawiljoene en gastehuise as ruimtes om te getuig!

Om dissipels te kan wees en te kan maak, belowe die Here Jesus aan ons die leiding en krag van sy Heilige Gees: "Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld." Hy belowe nie om ons te help om enigiets te doen of te kry nie, maar slegs wat Hy weet ons nodig bet om mense prakties lief te hê al die dae van ons (kort) lewe.

Kom ons skakel in by ons Grootkoning se al-die-mag, al-die-nasies, al-die-dae plan!

Vorster Combrink(Bestuurder Beradingsdiens)
Radiokansel beradingsdiens te skakel by (012) 334 -1320, of 'n e- pos te stuur na berading@radiokansel.co.za, of 'n brief te pos aan Berading, Posbus 3436, PRETORIA, 0001. Radiokansel se Beradingsdiens word bestuur deur ABBO (Assosiasie vir Bybelse Berading en Opleiding), wat jaarkursusse in Bybelse berading aanbied. Info: (011) 886-7414; www.abbo.org.za.

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2011. Alle regte voorbehou