Kolossense 3:11 leer ons dat ons
almal in Christus dieselfde is: “Al wat saak maak is Christus wat
alles en in elkeen is”. Dinsdag, 23 September 2008, was die
afsluiting van ‘n maand waarin die personeel van Radiokansel hulle
diversiteit gevier het – diversiteit is ook een van Radiokansel se
kernwaardes. Dit is gedoen met ‘n uitstalling by Radiokansel se
kantore waarin diversiteit op verskillende vlakke uitgebeeld is.
Radiokansel glo dat diversiteit ‘n integrale deel van ons lewens
uitmaak – veral hier in Suid-Afrika. Geen organisasie of bediening
kan suksesvol of verenig wees, indien die diversiteit in generasie,
geslag, kultuur en opinies nie erken en aanvaar word nie. Soos Jesus
ons in Mattheus 25 leer, poog Radiokansel ook om aan elke individu
met sy uniekheid die geleentheid te gee om die Here te dien.