Luister aanlyn
Luister op DStv
Luister op jou selfoon
Volg ons op Facebook
 
Tel jou seëninge
deur Hein Kruger

Christene en nie-Christene in Suid-Afrika ly finansieel weens die wêreldwye resessie. Party mense sê vir my dat hulle desperaat word en drasties wil optree.

Armoede is relatief. Mense kyk na diegene wat op die oog af finansieel beter daaraan toe is as hulself, en voel dan arm. Hulle kyk baie min na die ander kant, en tel hul seëninge deur te erken dat daar baie meer mense is wat baie armer as hulself is.

My raad is om die voorbeeld te volg van die arm weduwee in Lukas 21:1-4, van wie Jesus gesê het: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander. Hulle het almal iets uit hulle oorvloed in die offergawekis gegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het om van te lewe.”

Hierdie arm weduwee het dit gedoen omdat sy al haar vertroue in God geplaas het, soos wat Jesus ons in Matteus 6:30 beveel om te doen: “As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?” In Spreuke 21:13 lees ons: “As jy jou ore sluit vir die hulpgeroep van ‘n arm mens, sal jy ook nie antwoord kry as jy roep nie.” En in Spreuke 22:9: “Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.”

Tel jou seëninge, net soos die arm weduwee, en deel dit met diegene wat slegter daaraan toe is as jy.

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2011. Alle regte voorbehou