Ons kan 2010 aanpak met 'n toegeklemde hand of met 'n oop hand. 'n Toe
hand klem eie insigte en planne vas, en hou dit toe vir God en mense. 'n
Oop hand ontbloot begeertes voor God en verwag sy inspraak, goedkeuring
en leiding.
'n Toe hand beteken: Ek van beheer oor my lewe (Job 20:6; Jes. 37:23;
Eseg. 28:2); maak my eie planne (Gen. 11:6; Jes. 30:1; Jak. 4:13); soek
my eie belange (Fil. 2:4); beplan om sonde te doen (Ps. 64:6; Miga 2:1);
vertrou op my eie insigte (Spr. 3:5); weerstaan die Heilige Gees (Hand.
7:51); is onleerbaar en onaanpasbaar (Spr. 12:15; 15:22).
Ek kan ook hierdie jaar met 'n oop hand leef: Ek fokus op die groot
Beplanner (Ps. 143:6; Matt. 6:33; Kol. 3:1-3); is by voorbaat gewillig
om in te val by sy planne (Job 42:2); maak seker dat my planne op suiwer
motiewe berus (Spr. 21:1, 21); is bereid om my planne te toets en aan te
pas (Ps 139:23-24); steun op die Heilige Gees vir insig en wysheid (Spr.
24:3-4; Ef. 1:17; Kol. 19), vir gawes (1 Kor. 12:4, 7) en vir krag (Ef.
5:17-18; Gal. 5:22-25); gebruik raadgewers (Spr. 15:22); werk toegewyd
(Spr. 18:9; Pred. 9:10; 11:6; Gal. 5:6); benut elke geleentheid (Ef.
5:15-17).
Mag jy 'n oop-hand 2010 hê!
Dr. Vorster
Combrink (Bestuurder Beradingsafdeling)
Die beradingsdiens van Radiokansel word bestuur deur ABBO (Assosiasie
vir Bybelse Berading en Opleiding. Navrae oor ABBO se beradingskursusse
is beskikbaar op www.abbo.org.za of
by (011) 886-7414.