Wat kom by jou op wanneer jy dink aan die woorde geloof of doelstelling?
Baie mense is van die opinie dat geloof ‘n spirituele, filosofiese,
abstrakte konsep is en dat doelstelling die een seminaar en werkswinkel
na die ander vereis om jou innerlike motivering na vore te bring. In
werklikheid is hierdie twee terms nou verwant, en ook eenvoudiger as wat
dit mag voorkom.
Dink byvoorbeeld aan vakansie hou: sou jy in Johannesburg woon en graag
Durban toe wou gaan vir ‘n vakansie, sou “geloof” die prentjie in jou
kop wees van jou eindbestemming, en “doelstelling” die padkaart met die
roete wat jy daarheen sou volg. Die verwantskap is so eenvoudig.
Het jy ‘n prentjie in jou kop van dit wat jy wil bereik? Dink ernstig
daaroor na – het jy regtig ‘n duidelike prentjie van dit wat jy begeer?
As ek sou sê “Ek wil graag êrens langs die kus gaan vakansie hou”,
beteken dit ek weet nie presies waarheen ek oppad is nie. Suid-Afrika
het etlike duisende kilometer ongerepte kuslyn. Ek moet my geloof nouer
fokus op ‘n spesifieke doelstelling, en ‘n dorp, soos Durban, of selfs
meer spesifiek – die hotel of vakansie-oord waar ek wil tuisgaan – kies.
Hebreërs 11:1 sê vir ons: “Om te glo is om seker te wees van die dinge
wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Is
jou geloof koersloos en in ‘n vae rigting oppad? Of het jy ‘n duidelike
prentjie (soos die Skrif sê “bewyse”) in gedagte van dit waarvoor jy op
God vertrou? Om God vir iets spesifiek te vertrou, verleen ‘n spesifieke
vorm (soos die Skrif sê “inhoud”) aan jou geloof.
Doelstelling, aan die ander kant, is om jou voorgenome roete te beplan.
As jy my sou vra hoe ek van plan is om in Durban te kom, en ek sou sê
“Ek gaan in my motor klim en begin ry”, sou jy nie met sekerheid kon sê
dat ek eers weet waar Durban is nie. Om in Durban te kom van
Johannesburg af, behoort ek te weet dat ek die N3 snelweg kan neem, en
sou ek ‘n nota maak van die dorpe waardeur ek moes ry oppad soontoe. Ek
mag selfs ‘n nota maak van die naam van die afrit wat ek moet neem
wanneer ek in Durban aankom, asook die straatname wat ek moet volg om by
my vakansie-bestemming uit te kom. Net so moet ons ook ons groter
doelwitte in kleiner, meer haalbare stappe opbreek en besluit wat
presies ons moet doen om elke individuele doelwit te bereik. Dit is by
verre makliker om ‘n doelwit stap vir stap te bereik, en sodoende nie
oorweldig te word deur die omvang van die groter doelwit nie.
So, stel vir jouself duidelike doelwitte, en bepaal die stappe van aksie
wat jy moet neem om die doelwitte te bereik. Voor jy jou oë uitvee, sal
jy op die oop pad na sukses wees!