|
Waar het jy grootgeword en studeer? |
Ek is in Kwa-Thema (Springs), Ekurhuleni,
gebore en het daar groot geword. Ek het ook in daardie area my
studies tot op tersiêre vlak voltooi, maar my eintlike tuiste is
in King Williams Town. |
|
Waarom het jy besluit om
'n radio-aanbieder te word? |
Ek glo dat die elektroniese media my roeping
is. Ek het reeds in 1992 as TV-aanbieder begin om die Evangelie
te verkondig, voordat ek in 1996 by Radiokansel aangesluit het.
Ek ervaar groot vervulling in die werk wat ek doen - dit is my
geestelike tuiste. |
Wat was een van die
grootste ervarings wat jy by Radiokansel gehad het? |
Sjoe, daar was baie! Van die hoogtepunte was:
-
onderhoude met Biskop T.D. Jakes, Fred
Hammond, Byron Cage, Mary Mary, Yolanda Adams, Israel
Houghton, plaaslike kunstenaars, predikers, en
motiveringsprekers.
-
om mense met opbouende getuienisse te
ontmoet
-
om nuwe vriende deur die radio te maak
-
om die MMC09 saam met 200 000 mans in
Graytown te kon bywoon. My grootste oomblik was egter die
dag to 'n dame van Johannesburg in 2007 na my program
ingebel het en gesê het: "Dankie vir jou program vandag; ek
het sopas vir Jesus aangeneem as Here van my lewe..." Wat 'n
voorreg om so deur God gebruik te word!
|
Wat het verhoed dat jy
ooit wou opgee? |
Die wete en die hoop dat dinge beter sal
word, ongeag die omstandighede. Maar die Een wat my staande hou
is God. |
Wat is jou mees geliefde
skrifgedeelte en wie is jou geliefde Bybelkarakter? |
Die Woord as geheel is vir my relevant in
elke situasie. Jesus is my mees geliefde Persoon in die Bybel. |
As jy net een boodskap
vir die jeug sou hê, wat sou dit wees? |
Moenie dat die toekoms jou mislei nie: die
toekoms skuld jou niks nie. Wat ook al jou hande mag vind om
vandag te doen, doen dit met al jou krag, maar onthou dat die
oordeelsdag sal aanbreek, wanneer daar van jou verantwoording
geëis sal word vir alles onder die son wat jy gedoen het, selfs
die dinge wat jy versuim het om te doen. |