Luister aanlyn
Luister op DStv
Luister op jou selfoon
Volg ons op Facebook
 
Verdrink jy in jou geldskuld? Moet jou nie bekommer nie
deur Hein Kruger

Ek kry gereeld oproepe van Radiokansel se luisteraars oor hul skuldprobleme. Veral in die afgelope twee jaar het hierdie oproepe toegeneem soos wat bale mense wêreldwyd weens die resessie hul werk verloor het. Terselfdertyd het mense se geldelike verpligtinge nie minder geword nie en selfs in baie gevalle weens inflasie toegeneem.

Mense kan nie hul huislenings, motorlenings en mediese kostes betaal en ander verpligtinge nakom nie. Hulle staan dus die kans am alles te verloor. Mense is DIEP bekommerd. Tog lees ons in Matteus 6:25 ..."moet julle nie bekommer nie..." Lees die hoofstuk tot aan die einde. "Ek bid en ek glo dat God aan my uitkoms sal gee, maar tog kan ek nie help om my te bekommer nie. Ek voel ook skuldig teenoor my gesin omdat ek as die broodwinner nie vir hulle kan sorg nie", se ‘n luisteraar aan my. Dit help nie om aan iemand te sê om negatiewe dinge uit sy gedagtes te probeer hou nie, want dan is dit juis al waaraan hulle dink. Maar as mens op jets anders fokus, vergeet jy gou die van die negatiewe wat jou bekommerd maak. In Matteus 6:33 lees ons "...beywer julle ... vir die Koninkryk en wil van God en dan sal Hy al hierdie dinge vir julle gee." Begin dus deur te dink hoe jy God se koninkryk kan bou, fokus daarop en begin dit doen. Kyk om jou rond na die behoefte van ander wat swakker as jy daaraan toe is en begin help. Kort voor lank is jy so besig dat jy jou glad nie bekommer nie. Jy is met die dinge van God besig, jy versterk jou geloof prakties en vertrou op God om vir jou te sorg soos wat Hy die voëls van die hemel en die lelies van die veld versorg. Jy hoef nie skuldig te voel nie, want Jesus het jou vergewe, jy is nie die broodwinner nie, God is. Plaas jou kommer en vertroue in Sy almagtige, liefdevolle, voorsienende Hand.

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2011. Alle regte voorbehou