Sal jy dit glo as ek sê dat jy reeds oor alles beskik wat jy nodig bet
om 'n mees suksesvolle lewe te lei? Baie van ons sal dadelik aan ons
omstandighede dink en opmerkings soos die volgende maak: "Maar ek het
dan nie 'n verhouding/geld/loopbaan/gesin/huis/motor/liggaamsbou/toekennings
nie..." of wat ook al ons dink ons suksesvol kan maak.
My inleiding verwys egter nié na die dinge wat jy reeds het nie, maar na
die JY wat jy reeds het.
Laat ons die kwessie van geld bekyk. Hoe tree ons tipies op tydens 'n
ekonomiese afswaai? Ons sal waarskynlik stadig en effens geboë loop. Ons
is waarskynlik terneergedruk en ons asemhaling is vlak, of is
kortgebonde en geïrriteerd. Ons kan selfs skaam en teruggetrokke wees,
omdat ons nie veel selfvertroue bet wanneer ons saam met ander is nie.
Verbeel jou jy kry skielik R100 miljoen rand! Hoe sou jy dan, met die
wete dat jy geen finansiële probleme vir die res van jou lewe sal hê nie,
optree? Wanneer jy die skok verwerk het, is ek seker dat jy fier, flink
en met selfvertroue sal stap. Jy sal diep en egalig asemhaal. Jy sal
waarskynlik die klein irritasies in jou daaglikse lewe beter hanteer, en
selfs meer uitgesproke tussen ander mense wees.
Dit wil voorkom asof ons dink dat as iets gebeur wat ons suksesvol kan
maak, ons in staat sal wees om met selfvertroue en op 'n positiewe
manier te leef en op te tree. Intussen leef ons op 'n negatiewe,
onsekere, terneergedrukte, bedrukte en woedende manier.
Die goeie nuus is: jy het geen sent nodig om die manier waarop jy loop,
praat, beweeg, dink, of lewe te verander nie! Jy beskik reeds oor alles
wat jy nodig het om die manier waarop jy dinge doen, te verander. Jy kan
soos 'n sukses loop, praat en dink presies waar jy op hierdie oomblik
is.
2 Korintiërs 5:7 "...want ons leef deur te glo en nie deur te sien nie."
Die apostel Paulus bet nie geskryf dat ons "droom deur te glo" of "ons
verbeel deur te glo" nie. Hy bet die woord LEEF om 'n rede gebruik. Lewe
deur die geloof het be- trekking op elke aspek van ons aktiewe bestaan.
Paulus wou gelowiges aanmoedig om aan die hiernamaals te dink as
inspirasie vir hulle aardse lewens. 'n Bybelkundige het die vers soos
volg omskryf: "God plaas 'n stukkie hemel in ons harte sodat ons met
niks minder tevrede sal wees nie."
Jy hoef nie ideale omstandighede te ervaar voor jy soos 'n sukses kan
loop, praat en lewe nie. Gebruik die stem, liggaam en gees wat jy nou
het om nou al positief te leef. Begin by die "hemel in jou hart"; dit
sal sekerlik na die res van jou lewe uitkring. Dit sal ook die reis
tussen hier en jou sukses baie meer aangenaam maak.