|
 |
Daar is
soveel definisies van aanbidding as
wat daar aanbidders is. Ek het dus
die vrymoedigheid om myne ook daarby
te voeg: Aanbidding is wanneer alles
wat ek is, reageer op alles wat God
is. Die woordjie ALLES is vir my die
kern van die saak. My persoonlike
getuienis is dat ek vir God van
kindsbeen af ken, maar dat Hy vir
baie jare nie alles van my gehad het
nie. Sondes soos trots,
minderwaardigheid, eiegeregtigheid
en soveel meer, het veroorsaak dat
ek ook in my aanbidding 'n verdeelde
hart gehad het. |
|
Liewe
leser, ek praat reguit omdat daar
nie meer tyd is vir enige ander
benadering nie. Dit voel beslis aaklig
om vir ander te vertel dat jy God
nie voluit gedien het nie, veral as
jy in die bediening staan, maar lank
self vals gesing het! Ek is bereid
am hieroor te getuig, omdat dit ons
primêre roeping, naamlik om God
intiem te ken en Hom te verheerlik,
radikaal beïnvloed. Die positiewe
aspek van my getuienis is dat die
oomblik toe ek ALLES (elke faset van
my lewe) vir God gegee het, my
belewenis van aanbidding ook
grootliks verander het.
Aanbidding was vir my redelik
eendimensioneel want ek is 'n
musikant en ek het dus grootliks op
musiek as aanbiddingsmedium fokus.
Ek het min begrip gehad vir mense
wat nie vir 'n uur lank vir God
liedere kon sing, hande klap en op
hul knieë neerval nie. Nadat ek
gestroop is van elke bietjie "eie ek"
het daar 'n paar wonderlike dinge in
my aanbiddingslewe plaasgevind:
Ek het ontdek dat daar soveel meer
maniere is waarop ons God intiem kan
aanbid as net gebed, Skriflesing en
musiek. Daar is persone wat God op
terreine aanbid wat vir my totaal
onbekend was, en as musikant was dit
amper ondenkbaar dat hulle op
daardie manier ook naby aan God kon
voel. Wat 'n openbaring toe ek
uiteindelik gekonfronteer is met die
diversiteit van God se skepping!
Die volgende wonderlike gebeurtenis
was my ontdekking van die Hebreeuse
woord "schacha". Dit is die woord
wat in die Ou Testament die mees
algemeen vir aanbidding gebruik is
en dit kom 170 keer voor. Die
betekenis hiervan is om jou uit te
strek, neer te gooi, om neer te buig,
neer te kniel tot eer van God en om
te aanbid. Ek ontdek dat hierdie
woord gebruik word wanneer Job die
Here aanbid nadat hy ongelooflike
slegte nuus ontvang het (Job
1:20—21).
Job het iets van aanbidding en
natuurlik vertroue verstaan wat ek
nog moet leer. Ek lees nie dat hy
vir God kwaad was vir 'n paar maande
of jare en na tien beradingsessies
stelselmatig weer begin het om God
te aanbid nie! Nee, Job schacha
direk nadat hy gehoor het sy eiendom
en kinders is uitgewis.
Hy gee lof en eer aan God. Net
iemand wat geheel en al oorgegee is
aan God, iemand wat van ALLES
gestroop is, kan dit doen!
Nou is die vraag: Maak ek en jy
genoeg geleentheid vir schacha?
Natuurlik stel God eerstens belang
in ons persoonlike aanbidding in ons
binnekamers. Hy is nie verniet 'n "jaloerse
God" nie. Kan ons getuig dat ons
aanbidding waarlik opreg is en dat
God dit as 'n offer beleef? Ek kan
jou maar net uitdaag om dit so aan
hom te bring. Doen dit onbaatsugtig,
want God weet wanneer ons motiewe
onsuiwer is en ons net regstaan om
seëninge te ontvang. Moet ook nie
eers wag tot die grootste
lewenskrisis jou tref voordat jy
schacha nie. Kom ons doen dit uit
dankbaarheid en vanuit 'n rein,
onverdeelde hart; dit is in elk
geval al waarmee God tevrede sal
wees.
Ek kan ook nie anders as om hierdie
vraag te vra aan elke Christelike
gemeente in ons land nie. Is schacha
die tipe aanbidding wat aan God
gegee word tydens ons weeklikse
samekomste en eredienste? God sê dat
Hy in die Iofsange van sy kinders
woon. Geniet God dit om by ons te
wees as ons hom aanbid? Mag elkeen
wat nou hier lees in alle eerlikheid
hierdie vraag antwoord, en mag
gemeenteleiers besef hoe groot hul
verantwoordelikheid is om hul
gemeentes volop geleenthede te gee
om God met Job se opregtheid te
aanbid. Dis opvallend dat Job nie 'n
"worship leader", orkes of kerkorrel
nodig gehad het om hom te laat
schacha nie. Nee, sy geloof,
vertroue, toewyding en passie vir
die Koning van die konings was
genoeg!
Kom ek
en jy verbind onsself vandag tot 'n
nuwe dimensie van aanbidding: God se
dimensie! Kom ons volg die riglyne
in Sy Woord en maak seker dat ons
besef:
-
Ons omstandighede kan nie die
intensiteit van ons aanbidding
bepaal nie
-
Egte aanbidding verklaar altyd
die waarheid
-
Aanbidding gaan nie eerstens oor
ons nie, maar oor God!
Openbaring 1:17 (Boodskap) — "Toe ek
Hom sien het ek so klein gevoel voor
sy grootheid dat ek net daar voor
Horn neergesak het. So magteloos
soos die kleinste wurmpie het ek
voor Horn bly lê."
Om te schacha sal vanself kom as ons
bereid is om soos Johannes, so oor
te gee dat ons "magteloos" voor Horn
sal lê om gestroop te word van elke
bietjie "eie ek". |