Luister aanlyn
Luister op DStv
Luister op jou selfoon
Volg ons op Facebook
 
Huweliksadvies - Tyd vir Samesyn
deur Eerwaarde Thembelani Jentile, Senior Pastoor, Mamelodi Dopper Kerk

Baie mense vra hulleself die vraag af of dit moontlik is om verwant te wees, en tog vir mekaar soos vreemdelinge te voel. Dit klink onwaarskynlik, maar tog bevind so baie gesinne in ons pragtige land hulself in hierdie posisie. Soveel gesinne bou nie onderlinge verbintenisse met gesinslede op nie, en raak dan van mekaar vervreem. Die begrip "gesin" strek soveel verder as die blote samekoms om Kersfees te vier. Ware gesinsbande word gesmee wanneer kwaliteit tyd saam spandeer word, en drome gedeel word.

Emosionele verbintenis is baie belangrik vir elke lid van 'n gesin omdat gesinsverhoudings 'n integrale deel van jou opvoeding en uiteindelike lewensgeluk uitmaak. Dit is juis om hierdie rede dat gesinsverhoudings soos goud bewaar moet word, gekoester moet word en ook nooit onnatuurlik beëindig moet word nie. Ons God het die gesin ingestel as 'n eenheid, as 'n gemeenskap en Hy vind afkeur in enige tipe onnatuurlike beëindiging van verhoudings wat Hy daargestel het. As jy gemeenskap met jou man of vrou verbreek, veroorsaak dit baie meer pyn vir die Here as vir jou. Gebroke gemeenskap en die gebroke huishoudings wat daaruit voortspruit, vernietig 'n mens en sy gemeenskap met God.

"'n Gebroke liggaam kan, in meeste gevalle, deur moderne medici herstel word maar, daar is nie veel wat 'n dokter kan doen om 'n gebroke hart te herstel nie. 'n Gebroke hart is in der waarheid 'n gebroke siel wat bestaan uit jou verstand, wil en jou emosies. As jou hart aan’t skerwe lê, beteken dit jou wil is gebreek en jou emosies is gewond. Dit laat jou met geen motivering om aan te hou lewe nie." – Miles Munroe: "Single, Married, Separated and Life After Divorce", 1992.

Wat verhoudings selfs nog pynliker maak, is dat ons emosioneel van mekaar afhanklik raak. As jy betrokke raak by iemand en jy sien hulle byvoorbeeld drie maal 'n week, raak jy emosioneel betrokke. Indien die gereelde kontak vir 'n periode van ses maande volgehou word, bewerkstellig dit 'n emosionele of geestesverbintenis. Wanneer jy emosioneel verbind is aan 'n ander persoon weerspieël julle selfs mekaar se persoonlike eienskappe. Sommige aspekte van die ander persoon sal na vore kom in jou, en visa versa. Deur kwaliteit tyd saam te spandeer, word julle verhouding met 'n "emosionele gom" verstewig. Doen moeite om stewige verhoudings te bou met jou gesin om sodoende te verseker dat jy en jou gesin in noue gemeenskap met God leef, soos Hy dit beplan het.

 

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2011. Alle regte voorbehou