Luister aanlyn
Luister op DStv
Luister op jou selfoon
Volg ons op Facebook
 
Moenie oor geld bekommerd wees nie
God gee aan ons die opdrag om ons nie oor geld te bekommer nie, en Hy sê ook waarom nie...

deur Heinrich Kruger

Ons moet kies tussen God se ekonomie en die wêreld se ekonomie. In Matt. 6:24 sê Hy vir ons om te kies tussen God en Mammon. As ons God kies, die Almagtige Skepper, ons Vader in die Hemel wat aan ons die grootste offer gebring het, naamlik sy Seun Jesus Christus wat gesterf het vir ons sondes, plaas ons Hom in beheer van ons geldsake en kies ons sy ekonomie. In God se ekonomie is daar geen resessies nie. Maar as ons Mammon kies, kies ons die wêreld se ekonomie waar resessie en finansiële bekommernis hoogty vier.

As ons God ons werkgewer maak, sê Hy vir ons in Matt, 6:25 dat ons ons nie moet bekommer nie, want in sy ekonomie word selfs die voëls en die blomme versorg deur Hom vir wie alles moontlik is. Hy gee aan ons die ewige lewe en die oorwinning oor sonde en die dood deur die opoffering van sy Seun, Jesus Christus. Grappenderwys sê die Woord ook vir ons dat ons nie eens die vermoë het om een duim tot ons lengte by te voeg nie, want Hy het ons gemaak soos ons is.

Om ons nie te bekommer nie, is bykans onmoontlik. Maar deur ons negatiewe gedagtes te vervang met positiewe gedagtes, kan mens jou denkpatroon verander, en op die oplossing eerder as die probleem fokus. As ons kies om God in beheer van ons geld te plaas, moet ons ophou dink aan die negatiewe, maar begin dink aan die positiewe – sy Koninkryk. In God se ekonomie werk ons vir sy Koninkryk – of ons nou kokke of dokters of klerke is. Maar in die wêreld se ekonomie werk ons vir ons werkgewers, vir ander mense, vir die bank waar ons in die skuld is. In sy Koninkryk sal ons al die eer kry as kinders van die Koning, maar in die wêreld se ekonomie maak ekonomiese afswaaie ons slawe van geld.

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2011. Alle regte voorbehou