Luister aanlyn
  Luister op DStv
  Luister op jou selfoon
  Volg ons op Facebook
 
Enkelloperskamp 13-15 Augustus 2010

Kom leer meer oor jouself en kry padkos vir die lewensreis! Kom woon Radiokansel se kamp by.

TEMA: "Saam op reis na Sinvolheid!”"

Onderwerpe soos:

  • My persoonlike strategie
  • My unieke ontwerp
  • Verhoudingsprobleme, verslawing, woede, alleenheid, depressie, vergifnis en verwyt word hanteer.

Kom vat 'n blaaskans in die natuur en word toegerus vir jou lewe. Die begeerte om God se plan vir jou lewe beter te verstaan, maak hierdie 'n noodsaaklike afspraak met Hom.

Aanbieders: Dr. Roelf en Alta Petersen, Karel Verhoef en Marlinda Swart

Plek: Shekinah, wat beteken "Sigbare teenwoordigheid van God", Radiokansel se eie opleiding- en ontwikkelingsentrum in die hartjie van die Groter Mabula Wildreservaat, net anderkant Bela Bela (Warmbad).

Datum: 13 - 15 Augustus 2010

Kostes p.p.: R 500 (sluit verblyf en etes vir die naweek in)

Wildritte: Daar is wildritte beskikbaar Vrydagmiddag en Saterdagmiddag indien u sou belangstel teen 'n ekstra R65 per persoon (Wildritte moet asb. by die kampterrein self betaal word en nie saam met die kampfooi nie.)

Baie Belangrik!

Die bedrag moet in die onderstaande bankrekening inbetaal word en die bewys van betaling moet aan Frances van Aswegen by (012) 334-1415 gefaks word of e-pos na frances@radiokansel.co.za. Alle registrasies moet aan Christa Johnson by (012) 334-1483 gefaks word of e-pos na christaj@radiokansel.co.za. Slegs met die ontvangs van u registrasievorm sowel as bewys van betaling sal u vir hierdie kamp geregistreer wees. Dis u eie verantwoordelikheid om seker te maak dat u registrasie deur Christa ontvang is.

Kampbesprekings sluit wanneer die kamp vol is. Ouderdomsbeperking: 25 jaar en ouer.

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: Radiokansel
Bank: ABSA Bank
Tak: Derdepoort
Tipe: Tjek
Rekeningnr: 913 891 4687
Takkode: 63 10 45
Verwysingsnr: U NAAM ASB., ANDERS WEET ONS NIE WIE DIE INBETALING GEDOEN HET NIE.

Wildritte:

Die wildritte is by Shekinah betaalbaar en MOET ASB NIE SAAM MET KAMPBETALINGS GEMAAK WORD NIE. Wildritte sal tussen 16h00 en 17h00 Vrydagmiddag aangebied word (indien daar genoeg belangstelling is en/of genoeg mense al opgedaag het) en Saterdagmiddag tussen 12h00 – 14h00 en 14h00 – 15h00.

Vervoer:

Daar word nie vervoer deur Radiokansel gereël nie en u is dus aanspreeklik vir u eie vervoer vanaf u woning tot by Shekinah en terug.

Benodighede:

Bybel, pen, beddegoed (vir enkelbed – duvet, kussing en laken of slaapsak met kussing), handdoek, toiletware, klere (informeel – platskoene/tekkies/plakkies), muskiet weermiddel, swembroek, flitslig en geld vir die snoepie.

ONTHOU ASB EIE BEDDEGOED, DAAR IS NIE SPAAR BEDDEGOED DAAR BESKIKBAAR NIE.

Etes:

U hoef nie u eie borde, messe, vurke, lepels en koppies te bring nie. Die kombuis is ten volle toegerus. Daar sal aandete Vrydagaand voorsien word, Saterdag: ontbyt, middagete en aandete en Sondag, 'n "brunch".

Laat weet asseblief indien u enige spesiale behoefte aan kos het, bv. as u 'n diabeet is of 'n allergie het vir seker kossoorte.

Slaapgeriewe:

13 Kamers met stapelbeddens sonder beddegoed. Gesamentlike ablusieblokke. Kliek hier om die geriewe te besigtig.

Shekinah:

Radiokansel het deur die genade van die Here, sy eie opleiding- en ontwikkelingsentrum, beter bekend as Shekinah, in die hart van die Mabula Wildreservaat, in die Noordelike provinsie bekom. Daar is 'n swembad, vlugbal-, netbal- asook sokkerfasiliteite, 'n snoepie, pragtige tuine, en 'n swembad. Wildbesigtigingsritte kan gereël word. Vir die avontuurlustiges is daar ook 'n hindernisbaan en staproetes, wat groot pret verskaf. U mag onder geen omstandighede buite die kampterrein gaan stap nie, daar is wilde diere en slange.

Padaanwysings:

  • Neem die N1 Noord en dan die R516 Bela Bela afrit.
  • Wanneer u in Bela Bela is, volg net die padaanwysings na Thabazimbi.
  • By die sirkel in Bela Bela draai u lings in die Ou Thabazimbi pad. Hou reguit aan vir 34 km.
  • Draai regs by die Mabula/Rooiberg afdraai en ry vir 4 km op die teerpad (Hou asseblief u afstandmeter dop om te sien wanneer u 34 km gery het, anders gaan u dalk die afdraai mis en in Thabazimbi op eindig!)
  • By die 3 rigting stopstraat hou u reguit aan vir nog 7 km. Dit is nou grondpad. (Moet asseblief nie hier regs draai na Mabula toe nie, dan gaan u verdwaal. Die misverstand ontstaan dat mense dink die kamp is by Mabula, maar dis by Shekinah, geleë in die hartjie van die Mabula Wildreservaat.)
  • Draai regs in by die Mokai-kai hek.
  • Draai regs en volg die padaanwysings (+/- 6 km) tot by Shekinah.
  • Parkeer asseblief by die swembadarea.
  • Kliek hier om die padkaart af te laai.

GPS Aanwysings:

1. Eerste afdraai na Bela Bela: 24º 49' 46.83" S en 27 º 59' 5.75" E
2. Mokai-kai hek: 24 º 48' 43.58" S en 27 º 52' 31.09" E
3. Shekinah kampterrein: 24 º 46' 31.59" S en 27 º 54' 4.88" E

U moet 'n via-punt insit by Mokai-kai hek om by Shekinah met u GPS te kom anders wil die GPS u deur Mabula neem en dit word nie toegelaat nie.

Die kamp begin Vrydagaand om 18h00, maar kan dalk later begin as die groot meerderheid mense wat verwag word vir die kamp nog nie opgedaag het nie. (Baie mense kom van ver en die verkeer en weersomstandighede speel nie altyd saam nie) Die kamp maak Sondagoggend om 11h00 klaar.

Indien u enige ander inligting verlang skakel vir Christa Johnson by telefoonnommer (012) 334-1287 of e-pos na christaj@radiokansel.co.za.

 

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2010. Alle regte voorbehou