Radiokansel Tuis List Bullet Luister aanlyn
List Bullet Luister op DStv Oudio 182
List Bullet Luister op jou selfoon
 
 
Radiokansel Gemeenskapsbou-inisiatief

Radiokansel is 'n welbekend as 'n radiostasie wat nie net praat nie maar ook doen. Ons strewe is om 'n reisgenoot vir almal in die soeke na sinvolheid te wees. As die enigste radiostasie in Suid-Afrika wat in al die elf amptelike landstale uitsaai, oor alle ouderdoms- en demografiese verskille, weet ons dat daar net een gemene deler is wat ons saambind – naamlik die lewensstyl van Jesus Christus wat ons gekies het om na te streef.

Radiokansel is in vennootskap met talle gemeenskappe en besighede met die gemeenskaplike doel en strewe om 'n werklike, blywende verskil te maak in ons mense se lewens. Hierdie filosofie word beliggaam deur ons Gemeenskapsbou-inisiatief (GBI), 'n nasionale program wat daarop gemik is om gemeenskappe op te hef en te bemagtig. Hierdie inisiatief word befonds deur die sakewêreld en geadministreer deur Radiokansel. Die visie van GBI is om heling, hoop en rekonsiliasie te bewerkstellig.

Kernfokus van GBI projekte:

  • Ons fokus is nasionaal, omvat alle gemeenskappe en taalgroepe waar ons elke projek gebruik om die Evangelie van Jesus Christus na mense toe te bring. Elke projek het dit ten doel om volhoudend te wees en eksponensieel te groei en op hierdie manier die hulpbronne ten volle te benut en so ’n blywende verskil te maak.

  • Projekte fokus op hoop, rekonsiliasie en heling deur morele bewustheid en standvastigheid op grondvlak in Suid-Afrika te bewerkstellig.

  • Elke projek onderskryf Radiokansel se visie nl. om 'n dinamiese en innoverende Christenmedia-organisasie te wees wat die evangelie van Christus aan elke Suid-Afrikaner in al elf amptelike landstale verkondig.

Die kernbesigheid en fokus van 'n radiostasie is "praatwerk". Maar ’n bediening gaan nie net oor praatwerk nie, dit gaan ook oor doenwerk. Radiokansel is nie net 'n radiostasie nie maar ook ’n bediening en ons sit die daad by die woord. Ons glo dat ons, deur die vennootskappe wat ons sluit met ons plaaslike gemeenskappe, die traumatiese realiteite saam met hulle kan aanspreek en so ons gemeenskappe dien deur ons voorbeeld.

Ons strewe daarna om 'n reisgenoot te wees vir almal, ook dié wat dalk vergete is deur landswyd betrokke te raak in die gemeenskappe. Die woord "gemeenskapswerk" is nie net 'n mode-term wat ons gebruik om mense mee te beïndruk nie. Vir ons gaan dit oor baie meer – om die regte ding te doen, sonder om erkenning te verwag of te vra.

As jy sou belangstel om saam met ons vir ander 'n aktiewe reisgenoot te word, stuur dan 'n opsomming van vorige bedrywighede wat 'n positiewe impak op mense en gemeenskappe gehad het en wat verantwoordelik en volhoudend bestuur is.

Die volgende is vennootskapsareas:

  • Bemagtiging van die jeug deur Christelike en morele beginsels.

  • Jeugleierskapsontwikkeling

  • Geletterheid- en vaardigheidsopleiding

  • Basiese benodigdhede vir kleinskaal infrastruktuur ontwikkeling

  • Evangeliese uitreik

  • Seniorburgerondersteuning

  • Ondersteuning van die fisies gestremdes

  • Gevangenisbediening

Indien u belangstel om 'n sakevennoot van Radiokansel te word, kontak gerus vir Letsie van der Bank by +27 12 334 1200 of letsie@radiokansel.co.za.

 

 

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2013. Alle regte voorbehou