<% @ language="VBScript" %> ::..RADIOKANSEL - AM657 - JOU REISGENOOT IN DIE SOEKE NA SINVOLHEID - PERSVERKLARING..::
Luister aanlyn
Luister op DStv
Luister op jou selfoon
Volg ons op Facebook
 
Dr Roelf Petersen se persoonlike reaksie oor beriggewing in die media rakende die Josie Raath gebeure sedert 19 Januarie 2012:

30 Januarie 2012

Sedert die nuus van Josie Raath se selfmoord bekend geraak het, het Radiokansel 'n volledige, korrekte en feitelike verklaring gepubliseer. Alhoewel dit op ons webtuiste geplaas is, dit ook op die luggolwe was en wyd versprei is aan ons luisteraars en ondersteuners, het die sekulêre media, met 'n enkele uitsondering, verkies om dit nie te gebruik nie.

Ek gaan Radiokansel nie teen sulke skeefgetrekte artikels verdedig nie, want ons het nie nodig om dit te doen nie. Ons beskik oor die ware feite en glo dat die waarheid vrymaak en homself verdedig. Die bestuur van Radiokansel het deurgaans met integriteit opgetree en ons het ons bes gedoen om in hierdie tyd van pyn vir die naasbestaandes en Josie se drie jong kinders te beskerm teen vêrdere smart wat deur 'n moddergooiery veroorsaak kan word. Ons verkies dat hulle hom sal onthou as hul pa, "’n goeie man wat nie altyd die regte besluite geneem het nie" (Soos wat sy dogter Rhonwyn gesê het). Ongelukkig deel die media nie noodwendig ons sentiment nie en soek slegs na sensasie wat uit die situasie gemelk kan word, al moet dit beteken dat feite eensydig en verdraaid aangebied word.

Tog is daar in Rapport van 29 Januarie 2012 'n belangrike stukkie inligting gepubliseer, nl. die definisie van "bipolêre stoornisse (sic)" d.w.s. depressie (Bron genoem: Wêreldgesondheidsorganisasie).

Deur dit te lees, sal enige regdenkende leser tot die konklusie kom dat die koerant goed verstaan dat dit agtergrond vorm vir die gebeure van die afgelope tyd. Daar word gestel dat bipolêre depressie o.a. gekenmerk word deur die volgende: Dis 'n chroniese siekte (langtermyn), lyers is aan dieptes van depressiewe fases onderhewig, en neem dan dikwels onverantwoordelike besluite, wat ook interpersoonlike verhoudings negatief raak, wat op sigself selfvernietigend kan wees. Selfmoordgedagtes is dikwels ’n kenmerk van sulke depressiewe fases aangesien die lewe deur 'n donkerbril gesien word. Die bron stel dit ook dat hierdie as een van die "grootste psigiese versteurings ter wêreld beskou moet word".

Feit is dat Josie 'n selferkende depressielyer was, wat baie jare met die siekte geworstel het. Teen hierdie agtergrond doen ek 'n beroep op ons luisteraars om die gebeure nugter te deurdink en te verstaan dat vernietigende siektes van ons tyd ook Christene tref. Ons beradingsafdeling help baie van ons luisteraars wat met sulke ernstige depressie worstel en verstaan ook dat depressielyers dikwels hul vertroue in God verloor en sy liefde in twyfel trek. Gelukkig kan ons ook getuig dat God sulke mense wel genees, normaalweg met die hulp van Christelik-gefundeerde berading, in kombinasie met die mediese wetenskap.

Bid saam met ons in hierdie tyd – in besonder vir hulle wat met n gevoel van hulpeloosheid sukkel weens depressiewe gedagtes.

Seënwense,

Dr. Roelf Petersen
Besturende Direkteur

 

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2011. Alle regte voorbehou