Luister aanlyn
  Luister op DStv
  Luister op jou selfoon
  Volg ons op Facebook
 
Beradingsinligting

Die missie van die Beradingsdiens van Radiokansel is om ‘n reisgenoot te wees vir ons kliënte in hulle soeke na sinvolheid. Ons doel is om die Blye Boodskap aan persone te bedien sodat hulle in ’n lewende verhouding met God kan lewe.

Radiokansel doen gratis krisis- en/of oorbruggingsberading deur middel van telefoon-gesprekke, briewe per epos/slakkepos en een-tot-een-gesprekke in ons kantoor. Vir langtermyn, intensiewe berading en hulp word persone verwys na Bybelse beraders en/of ander spesialis-hulpverleners. Vir inligting oor ons verwysingslys, kliek hier.

Radiokansel se berading is gefundeer op die Bybel. Ons oorbruggingsberaders word opgelei om diegene wat inskakel of epos/skryf, ‘n geleentheid te gee om oor hulle probleme te praat en om toepaslik bedien te word.

Tans werk hier 33 beraders vrywillig en sonder vergoeding 24 uur per dag, 7 dae per week. Daar word maandeliks ongeveer 1000 telefoonoproepe hanteer en ongeveer 1000 eposse/briewe beantwoord.

Ons ontvang ook maandeliks ongeveer 1000 gebedsversoeke wat deurgegee word na ons gebedsgenote – ‘n groep mense wat landswyd voorbidding doen. Hulle bid elkeen afsonderlik en op bepaalde tye: elke oggend (05:00) en elke aand (21:00) en party bid ook saam op Dindsdagoggende by Radiokansel. Persone wat inskakel met gebedsversoeke, word uitgenooi om saam met ons gebedsgenote op die bepaalde tye te bid.

Die bestuur van die beradingsdiens is deur Radiokansel aan ABBO (Assosiasie vir Bybelse Berading en Opleiding) uitgekontrakteer. Vir inligting oor ABBO se beradingskursse, kliek hier.

U word uitgenooi om ons beradingsdiens te skakel by (012) 334-1320, of ’n epos te stuur na berading@radiokansel.co.za,  of ’n brief te pos aan Berading, Posbus 3436, PRETORIA, 0001.

Gaan Na
Belê in die Koninkrykswerk van God
Kontak Kliëntediens
Opdateer jou luisteraar- / kliëntinligting
Ander maatskappye wat met Radiokanse ge-assosieer word
Adverteer op die lug of aanlyn
Radiokansel Beradingsdiens
Gaan na ons aanlyn inkopie winkel
Vertroulikheidsbeleid/Bepalinge & Voorwaardes     Radiokansel © 2010. Alle regte voorbehou