Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

Genesis 22:16-17 NLV 
2018-05-18Geskryf deur Bob en Debby Gass
Verwelkom die toets (3)
God het vir Abraham gesê, ...'Omdat jy My gehoorsaam het en nie eens jou geliefde seun van My weerhou het nie, neem Ek 'n eed dat Ek jou oorvloedig sal seën. Ek sal jou nageslag vermenigvuldig tot 'n ontelbare menigte, soos die sterre aan die hemel...' Isak was die lewenslange droom van 'n onvrugbare vrou genaamd Sara en 'n impotente man genaamd Abraham. Hoe meer God jou seën, hoe moeiliker is dit egter om te keer dat daardie seëning 'n afgod in jou lewe word. Geld kan dalk die beste voorbeeld hiervan wees. Hoe meer geld jy maak, hoe moeiliker is dit om die Almagtige God te vertrou en hoe makliker is dit om die almagtige rand te vertrou. As jy finansieel geseën is, is dit 'n gawe van God (sien Deuteronomium 8:18). God seën ons egter nie finansieel sodat ons dit selfsugtig kan gebruik nie. Hy seën ons meer, sodat ons 'n groter seën vir ander kan wees (sien Genesis 12:2). Die waarheid is dat dit waarvan jy bereid is om weg te stap, dit is wat God gewillig is om aan jou toe te vertrou. Hy wil hê dat jy op 'n plek moet kom waar jy jou identiteit op Wie s'n jy is vind, eerder as wie jy is. Jy kan jou identiteit op 'n duisend verskillende dinge baseer - die grade wat jy behaal het, die posisie wat jy beklee, die salaris wat jy verdien, ens. As jy jou identiteit egter op iets tydelik baseer, is jou identiteit 'n huis van kaarte. Daar is net een soliede fondasie: Jesus Christus. Wat staan dus tussen jou en God? Wat voed jou ego? Waar vind jy jou identiteit buite Christus? Dis wat jy vandag op die altaar moet plaas.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005