Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

1 Korintiërs 15:57 NLV 
2018-07-14Geskryf deur Bob en Debby Gass
Jou terugslag kan tot 'n terugkeer lei
Wat soos 'n terugslag lyk, is dikwels die grondslag vir 'n terugkeer! Daar is geen groter illustrasie hiervan as Goeie Vrydag nie. Op die Saterdag tussen Goeie Vrydag en Opstanding Sondag, het dit gelyk of alles verlore was. Dis egter nie verby totdat God sê dis verby nie! Die grootste geestelike oorwinning is behaal op die hakke van wat na die grootste nederlaag gelyk het. Alles was verlore, maar nie vir lank nie. Drie dae na sy kruisiging, het Jesus uit sy grafkelder uitgeloop. As 'n verloste kind van God, lê dieselfde krag vandag in jou. 'Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat die dooie Jesus opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon' (Romeine 8:11 NLV). In God se koninkryk is mislukking nooit finaal nie. Nie as jy in die opstanding glo nie! Jy sal nie elke geestelike geveg wen nie, maar die oorlog is beslis gewen. Die oorwinning is tweeduisend jaar terug reeds behaal toe Jesus sy grafkelder se seël gebreek het. Dit was die doodslag vir die dood self. Paulus skryf, 'Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om 'n superoorwinning te behaal - oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het' (vers 37 NLV). Vandag is jy meer as 'n oorwinnaar (in al hierdie dinge) as gevolg van dit wat Christus vir jou bereik het. Ja, jy sal terugslae beleef. Onthou egter die volgende: sonder die kruisiging kan daar nie 'n opstanding wees nie. Wanneer jy dus 'n terugslag beleef, moenie 'n tree terug neem nie, want God berei jou vir jou terugkeer voor.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005