Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

Genesis 26:8 NLV 
2018-07-15Geskryf deur Bob en Debby Gass
Vermy die windstiltes in die huwelik
In die dae wat houtskepe van die wind afhanklik was om hulle voort te dryf, het matrose baie gehad om oor besorgd te wees: seerowers, storms en siektes. Hulle grootste vrees was egter dikwels die 'windstilstreke' - 'n area naby aan die ewenaar wat deur kalm en min winde gekenmerk word. Dit kon die dood van die hele bemanning beteken het. Hulle kon vir dae of selfs weke rondgedobber het terwyl hulle vir 'n wind gewag het om hulle weer op koers te kry. Ons praat van dinge wat 'die wind uit ons seile neem,' wanneer ons ons momentum verloor en van koers af gaan. Jou huwelik verloor nie sy momentum oornag nie, maar oor maande en jare van onsensitiwiteit en verwaarlosing. Dit hoef egter nie vir jou so te wees nie. Doug Fields skryf in sy boek, Creative Romance, die volgende: 'Om jou eggenoot te romantiseer kan baie pret wees. Daar is natuurlik geen kitsoplossings vir 'n huwelik wat stagnant is nie, maar jy kan die verskonings eenkant toe skuif en begin om jou geliefde weer die hof te maak.' God het die kerk in Efese hiervan beskuldig: 'Maar Ek het hierdie klag teen jou: dat jy jou eerste liefde versaak het' (Openbaring 2:4 NLV). Toe het Hy vir hulle gesê hoe om dit reg te stel: '...kom tot inkeer, en doen weer wat jy aan die heel begin gedoen het...' (vers 5 NLV). Isak was bang dat koning Abimelek hom sou doodmaak en sy vrou Rebekka vir homself sou vat, en het toe gejok en gesê dat sy sy suster is. Wat het hom weggegee? 'Na 'n tyd kyk Abimelek... eendag deur 'n venster en sien hoe Isak vir Rebekka liefkoos.' Romanse het sy lewe en sy huwelik gered. Dit kan dieselfde vir jou doen.
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005