Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

Hooglied 4:12 NLV 
2018-10-13Geskryf deur Bob en Debby Gass
Laat God jou oorplant
'n Boer se vrugteboom het deurlopend goeie oeste gegee en het 'n regte geldmaker vir hom geword, dus het hy al sy aandag aan die bemarking van die vrugte gegee en nooit opgemerk dat die boom besig was om dood te gaan nie. Een dag het hy wakker geword en besef dat die wortels opgedroog het. Hy was so gefokus op die vrug, dat hy die wortel verwaarloos het. Wat van jou? Fokus jy op die wins en uitslae, of fokus jy op die doel, mense, innovasie, kultuur en wortels van jou sukses? As jy na die wortel omsien, sal jy altyd vrugte hê. As jy die wortel ignoreer - kan jy die vrugte vaarwel toeroep! 'n Skrywer sê: 'Net soos 'n plant in een pot beperk word, word ons wortels gebind en verdraai. Na 'n ruk is ons nie meer in staat om ten volle gevoed te word nie. Ons kan nie verder as die beperkinge van ons omgewing groei nie. Ons word soos '...'n tuin wat weggesteek is...' God sien egter die persoon aan die binnekant; die een met die potensiaal om alles te word wat Hy jou geskep het om te wees. Hy sien die bloeisels van die versteekte tuin, die varsheid en geluid van die innerlike fontein. Hy weet dat jy geïnhibeer en afgesluit is en Hy wil jou vrymaak. Sommige teëspoed soos die dood en skeiding veroorsaak 'n noodsaaklike oorplanting; 'n geleentheid om dieper wortels te kry en jou potensiaal in 'n nuwe houer te laat realiseer. Vra God om jou oor te plant; om jou sagkens te verwyder, jou uit die gevangenis te bevry en die perfekte plek vir jou te kry om te kan groei. Laat Hom toe om jou wortels te versorg sodat hulle in die ryk grond van nuutgevonde vryheid kan groei.'
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005