Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

Jakobus 4:8 NLV 
2019-02-13Geskryf deur Bob en Debby Gass
Daar is nie 'n plaasvervanger nie!
Reimar Schultze skryf: 'Geen mens kan soos God word, baie vir God bereik, intiem met God wees of deur God gebruik word, indien hy nog nie geleer het om alleen met God te wees nie. Alleentyd met God is ontwerp om aan jou spesifieke behoeftes te voldoen, om jou vir jou unieke roeping toe te rus, om jou vaardighede te verfyn, om van jou dwaasheid ontslae te raak en jou na sy beeld te omvorm. Hy mag dalk met 'n beitel begin, maar Hy sal uiteindelik net skuurpapier nodig hê. Jesus het gesê: 'My skape luister na my stem... en hulle volg My' (Johannes 10:27 NLV). Hy sal jou nie net leer om sy stem te herken nie, Hy sal jou ook wys wat jou verhinder om sy stem te hoor. Hy sal jou die oomblik wat jy jouself aan Hom oorgee, begin leer, maar nie so vinnig dat jy 'n les misloop nie. Hy sal jou wys wat dit beteken om aan Hom verbind te wees en teen sy spoed en in sy tyd te wandel. Natuurlik sal die Duiwel jou op elke tree probeer beveg. Hy sal vir jou logiese en godsdienstige verskonings gee om jou te vertraag, maar jy hoef nie na hom te luister nie. Staan hom teë! Hy is 'n leuenaar en 'n bedrieër. Wanneer jy jou verhouding met God verwaarloos, is daar 'n prys wat jy sal moet betaal. Sommige mense het hulle kinders en kleinkinders aan die wêreld verloor of swaarkry, teleurstellings, finansiële krisisse en huweliksprobleme verduur. Party van ons lewens draai daarom om vooruit te boer, in plaas daarvan om by God stil te staan. Bely jou sonde en begin dadelik om die regte ding te doen - jy sal nooit daaroor spyt wees nie.'
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005