Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

2 Kronieke 26:4 NLV 
2018-06-13Geskryf deur Bob en Debby Gass
Stel die regte voorbeeld!
Daar is 'n grappie wat lui, 'Maak nie saak wat ons ons kinders leer nie, hulle dring daarop aan om net soos ons op te tree!' Ons glimlag, maar dis 'n ernstige saak. Een kundige sê, 'Ons leer wat ons weet, maar ons herproduseer wat ons is.' Jou kinders kan dalk soms dit wat jy sê betwyfel, maar hulle glo altyd dit wat jy doen. Dus: 1) As jy wil hê dat hulle stiltetyd met God moet hê, moet jy stiltetyd met God hê. 2) As jy wil hê dat jou kinders moet kerk toe gaan, neem hulle, moenie hulle stuur nie. 3) As jy nie wil hê dat jou kinders moet vloek nie, let dan op wat uit jou mond kom. 4) As jy nie wil hê dat jou kinders moet rook, drink, of dwelms doen nie, moet jy dit ook uitlos. Wanneer jy een ding sê maar 'n ander ding doen, sal jou kinders jou steeds liefhê, maar hulle sal op die ou einde respek vir jou verloor. Wat erger is, hulle sal dink, 'As die beginsels wat jy preek nie vir jou werk nie, hoekom moet ek dit probeer?' Jou voorbeeld sal 'n groter impak as al jou vermanings hê. Lees die volgende twee Skrifgedeeltes noukeurig deur. Die eerste een word in die Ou Testament gevind: 'Hy het gedoen wat reg was vir die Here, net soos sy pa... gedoen het.' Die tweede een word in die Nuwe Testament gevind: 'Ek weet dat jy die Here opreg vertrou, want jy het dieselfde geloof as jou ma, Eunice, en jou ouma, Loïs' (2 Timoteus 1:5 NLV). Duisende jare skei hierdie twee Skrifgedeeltes, maar die waarheid wat hulle leer is tydloos: stel dus die regte voorbeeld!
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005