Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

1 Korintiërs 1:10 NLV 
2018-07-11Geskryf deur Bob en Debby Gass
Leer om saam met ander te werk
Daar is 'n legende oor 'n groep kwartels wat in 'n woud gewoon het. Die voëls was gelukkig daar, behalwe vir hulle vyand, die kwartelvanger. Hy sou hulle roep naboots en wanneer hulle bymekaar kom, sou hy 'n net oor hulle gooi en wegdra om by die mark te gaan verkoop. Eindelik het 'n wyse ou kwartel gesê, 'Broers en susters, ek het 'n plan. Wanneer die kwartelvanger sy net oor ons gooi, moet ons almal ons koppe in 'n gaatjie in die net druk en ons vlerke begin klap. Dan kan ons as een opstyg en daarmee wegvlieg.' Die voëls het almal saamgestem en die volgende dag presies dit gedoen om suksesvol te ontsnap. Toe die kwartelvanger se vrou hom vra waar die kwartels is om na die mark toe te neem, het hy geantwoord, 'Toe hulle almal saamstaan, was daar geen keer aan hulle nie!' In 'n brief aan die gemeente in Korinte het Paulus geskryf, 'Lede van die huisgesin van Chloë het aan my vertel... dat daar allerlei struwelinge onder julle voorkom' (vers 11 NLV). Paulus het ook gesê, 'En nou... pleit ek by julle... om eendragtig saam te staan - één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie.' Sukses in enige onderneming verg die dood van individuele ego's en selfbelang. Wanneer 'n fout dus gemaak word, weier om blaam te verplaas. Wees vergewensgesind en moenie 'n oortreding toelaat om in bitterheid te ontwikkel nie. Bied lof vir ander spanlede se sterkpunte en hulp in die areas waarin hulle swak is, aan. Wees pligsgetrou en betroubaar en bly op die groter doel gefokus. Wanneer ons leer om saam te werk, is daar geen keer aan ons nie!
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005