Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

Galasiërs 6:5 NLV 
2018-10-11Geskryf deur Bob en Debby Gass
Moenie 'n blameerder wees nie (2)
Sannie was 'n bestuurder by 'n klein bemarkingsbesigheid en wanneer probleme opgeduik het, het sy outomaties na 'n sondebok gesoek. By verkoopsvergaderings het sy met haar kollegas geraas en hulle gekritiseer en haar tirades 'motiveringspraatjies' genoem. Haar kollegas het een vir een begin bedank, en toe die besigheid se verkope begin afneem, het Sannie dit op die stadige ekonomie, oneffektiewe personeel en slegte werksomgewing geblameer. Uiteindelik het haar baas genoeg gehad en haar afgedank. Dit het Sannie nooit opgeval dat sy dalk tot die probleem bygedra het nie. Wanneer jy ander blameer, ondermyn dit jou vermoë om verantwoordelikheid oor jou eie lewe te neem. 'n Kundige skryf: 'In plaas van om sterker te word, word jy swakker. Mense dink as hulle erken dat hulle deel van die probleem is, het hulle op 'n manier gefaal. Die teenoorgestelde is egter waar. Dit neem krag om te erken dat almal betrokke 'n deel daarin gehad het. Nog 'n newe-effek van blaam is self-regverdiging. In jou gedagtes word jy onaantasbaar, anders en beter as ander mense. Jy dink dat jy die sterk een is en dat ander mense foute het. Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Die Bybel sê, '...Hooghartigheid kom net voor die val' (Spreuke 16:18 NLV). Wanneer jy ander mense blameer, verloor jy die vermoë om te sien wat werklik aan die gang is. Jy is dan geskok wanneer jy 'n verhouding of werk verloor, omdat jy dit glad nie sien kom het nie. Wanneer jy ophou om ander te blameer, ontwikkel jy deernis. Jy besef dat foute natuurlik en onvermydelik is - en dat hulle net foute is. Hulle kan gekorrigeer word. Dit beteken nie dat daar iets fout is met jou of ander mense nie.' Neem dus verantwoordelikheid vir jou eie lewe.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005