Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

Efesiërs 2:10 NLV 
2018-11-08Geskryf deur Bob en Debby Gass
Jy moet jou lewensdoel ken
Die Bybel sê dit is God '...wat ons nuut gemaak het omdat ons Christus Jesus s'n is. Hy het dit gedoen sodat ons reg en goed kan leef soos Hy lankal besluit het ons moet leef' (vers 10 DB). Voor jy op 'n beroep besluit of besluit waaraan jy jou lewe wil wy, vra God vir leiding. As jy dit nie doen nie, sal jy waarskynlik jou lewe op die verkeerde dinge spandeer. Selfs as jy goed betaal word, sal jy leegheid en 'n gebrek aan vervulling ervaar. Die Oostenrykse psigiater, Victor Frankl, wat die Nazi doodskampe oorleef het, het gesê: 'Elkeen het sy eie spesifieke roeping of missie in die lewe, 'n konkrete taak wat vervulling vereis. Hy kan nie met iemand anders vervang word nie, elkeen se taak is so uniek soos sy spesifieke geleentheid.' God het jou vir 'n spesifieke doel geskep. Jou verantwoordelikheid (en jou vreugde), is om dit te identifiseer. Hier is vier vrae wat jy jouself kan afvra om jou lewensdoel te identifiseer: 1) Waarna is ek op soek? Almal van ons het 'n sterk begeerte in ons hart; iets wat tot ons diepste gedagtes, verlange en gevoelens spreek; iets wat ons siel aan die brand steek. 2) Hoekom is ek geskep? Dink aan jou unieke mengsel vaardighede, die verhoudings en hulpbronne wat aan jou beskikbaar is, jou persoonlike geskiedenis en die geleenthede rondom jou. Dit is alles dinge wat jou in die regte rigting kan lei. 3) Glo ek in my potensiaal? Een leierskapskundige sê, 'Niemand kan deurlopend op 'n manier optree wat strydig is met die manier wat hy homself sien nie.' 4) Wanneer moet ek begin? Die antwoord op daardie vraag is 'Nou dadelik!'
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005