Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

Hebreërs 11:26 NLV 
2019-01-11Geskryf deur Bob en Debby Gass
Droomdoders (5)
Moses het besef dat wanneer jy nie besig is om jou God-gegewe droom te vervul nie, sal 'n koning se paleis jou nie eens gelukkig maak nie. 'Omdat Moses geglo het, het hy as volwasse man geweier om as die seun van Farao se dogter bekend te staan. Hy het die swaarkry saam met God se volk verkies bo die kortstondige genieting van die sonde. Vir hom was die lyding wat hy ter wille van Christus, die Messias, moes deurmaak, 'n groter rykdom as die skatte van Egipte... Hy het volgehou soos iemand wat sy oog op die onsienlike gevestig hou' (verse 24-27 NLV). Wanneer God jou 'n droom gee, sal jy dinge sien wat 'onsienlik' vir ander mense is. Dit bring ons my die volgende droomdoder: Gebrek aan verbeelding. Robert Orben het gesê, 'Onthou altyd dat daar net twee tipes mense in hierdie wêreld is - die realiste en die dromers. Die realiste weet waarheen hulle gaan. Die dromers was alreeds daar.' Moses het die Beloofde Land 'gesien,' lank voor hy daar aangekom het. Dis wat hom veertig jaar in die woestyn gedra het. God het nie 'n fout gemaak toe hy vir jou verbeelding gegee het nie. As gevolg daarvan kan jy in die middel van 'n droom staan en sien hoe dit bewaarheid word, selfs wanneer ander mense daaraan twyfel. As jy dus 'n dromer is wat reeds daar is in jou verbeelding, vertrou op God en begin aan jou droom werk. As jy uit 'n ontmoedigende agtergrond kom, of dink dat jy nie 'n groot verbeelding het nie, moenie hoop verloor nie. Jy kan steeds 'n droom ontdek en ontwikkel. God het daardie vermoë in jou geplaas!
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005