Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

Numeri 14:24 NLV 
2019-02-11Geskryf deur Bob en Debby Gass
Kaleb se gesindheid
As Kaleb in vandag se tyd gelewe het, is die kans goed dat hy as 'Persoon van die Jaar,' iemand wat die meeste gedoen het om omstandighede te verbeter, aangewys sou word. Hier is sy verhaal in sy eie woorde: ''Ek was 40 jaar oud toe Moses... my... gestuur het om die land te gaan verken. Ek het na hom teruggekom en verslag gedoen soos ek sake gesien het. Die ander mense wat saam met my gegaan het, het die volk bang gepraat om na die land toe te gaan. Ek het volledig by die Here my God gestaan. Moses het vir my daardie dag onder eed belowe: 'Die land waarna jy gaan kyk het, sal vir altyd aan jou en jou nageslag behoort. Jy het volledig op God vertrou'... Ek is vandag 'n man van 85. Ek is vandag nog net so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het... Gee vir my asseblief die heuwelgebied waarvan die Here daardie dag gepraat het...' Josua het hom geseën. Hy het Hebron vir Kaleb... gegee... Dit is omdat hy volkome op die Here die God van Israel vertrou het' (Josua 14:7-14 NLV). Jy kan waardevolle lesse by 'n man soos Kaleb leer. Sy lewe kan in vier sinne opgesom word: 1) Hy het 'n 'ander gesindheid' as die mense rondom hom gehad. 2) Hy het geglo dat mens met God se hulp enige reus wat in jou pad staan, kan verslaan. 3) Hy het 'n visie gehad wat ouderdom of omstandighede nie kon verminder nie. Hy was gewillig om daarvoor te wag en daarvoor te werk, selfs al het dit vyf-en-veertig jaar geneem voor sy visie vervul is. 4) Hy het steeds jonk van hart en heeltemal getrou aan God in sy ouderdom gebly. Vra dus vir God om jou Kaleb se gesindheid te gee.
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005