|
<< Terug
Wêreld VIGS-dag is regoor die wêreld herdenk om
mense weer eens van hierdie pandemiese siekte
bewus te maak. Op 1 Desember 2011, het
Radiokansel Wêreld VIGS-dag herdenk, deur ‘n
besoek te bring aan die Jehovah Jireh Orphanage
Centre vir ‘n kers-aansteek seremonie.
Radiokansel se Gemeenskapbou-inisiatief het R10
000 aan die sentrum geskenk om te help met die
voorsiening van hulle behoeftes.
Jehovah Jirah Orphanage Centre (JJOC) is 'n
nie-winsgewende organisasie wat in Soshanguve,
Pretoria geleë is. JJOC is in Junie 2003 gestig
in reaksie op die toenemende getal kinders wat
deur MIV / vigs geraak is (weeskinders).
Die doel van die besoek was om saam met die
kinders te bid, hulle te bemoedig en om hulle
daaraan te herinner dat ons ‘n God dien wat
hulle liefhet en hulle verlos het. Pastoor Ray
Legodi het ook 'n baie inspirerende getuienis
van die uitdagings van sy kinderjare met die
kinders gedeel.
Radiokansel is verteenwoordig deur Ismalandi van
Wyk, Enicca Mantlhwa, Riva Schoeman, Jules
Lombard, pastoor Ray Legodi en nog vele meer.
Hoop is oorwinning!
Hier is 'n paar foto's wat geneem is.
|