Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

PulpitAppBanner

Potgooie (Podcasts)
Luister na ons nuutste potgooie

Jongste Nuus

Laai nou die nuwe 'app' af

Radiokansel, Radio Kaapse Kansel en die I AM Jeug beweging het nou elkeen hul eie toepassing! Om die nuwe toep (app) af te laai, besoek die 'store' op jou foon, soek vir "Radiokansel" en laai die toep af met ons logo. Skakel na 'Google Play Store' Skakel na 'Apple App Store' Vir Radio Kaapse Kansel se toep, soek net vir "Radio Cape Pulpit" en laai die toep af met die logo. Skakel na 'Google Play Store' Skakel na 'Apple App Store' Vir die I AM Jeugbeweging toep...

Stuur ons, Here!

Jesaja 6:8 'Toe het ek die Here hoor vra: "Wie kan Ek met 'n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir Ons gaan?" Ek het geantwoord: "Here, ek sal gaan! Stuur my!"' Sal jy jou hart oopmaak en die Boodskap van Christus saam met ons versprei? Staan saam met ons en proklameer: "Stuur ons, Here!" Rekeningnaam: RadiokanselBank: ABSA BankTak: 632005Rekeningno: 9159472606Verwysingsnr: U selfoonnommer (Hierdie is asseblief noodsaaklik sodat ons u kan bedank en die donasie korrek kan allokeer.) Skenk nou aanlyn {youtube}-pgataxc2eU{/youtube}

Digitale Radio in Suidelike Afrika

MEDIA RELEASE - 2017 DRM Enterprise Awar…

Radio Pulpit 657AM (member of the Pulpit Media Group) is pleased to announce that the Station and its digital radio development partner, Broadcom International, have jointly received the 2017 DRM Enterprise Award (Africa) for their contribution in actively promoting the DRM standard in Southern Africa. This was announced by the DRM Consortium at the International Broadcasting Convention in Amsterdam, Netherlands on 15th September 2017. Digital Radio Mondiale™ (DRM) is the universal, openly standardised digital broadcast system for all broadcasting frequencies. The...

Why digital radio?

Just when you have tuned in to your favourite program on 657AM and you really do not want to miss the special guest's reply, you pass the bright yellow car on your left, while aiming for the lane on the right. In front of you the next bridge across the road towers from side to side. And then it happens...  all you hear is a disturbing GGGGG...  The sound becomes clear again, in time to hear the familiar jingle play...

Why look forward to DRM?

With Radio Pulpit's 25kW Digital Radio Mondiale (DRM) transmitter your listening experience will be enhanced through: Crystal clear audio quality with stereo and 5.1 surround sound. Now you can show the kids how it is done!    A wider choice - Up to four programs can be transmitted on one frequency, making multilingual programs possible. At first programs will be simulcast in analogue and digital so that everyone has a change to migrate over to digital radio at their own convenience; A robust signal...

ACM   NAB  Unashamedly Ethical

Uitsaaibeleid

Doel
Om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig tot eer van God, om gelowiges in hulle geloof op te bou en om mense te lei tot geloof in Christus.

Grondslag
Die enigste grondslag is die Bybel. Stellings wat gegrond is op openbaringe, drome, verskynings, gesigte en visioene word vermy.

Uitgangspunt
Die volle raadsplan van God moet verkondig word, en die klem moet geplaas word op die oorwinning wat Jesus Christus deur sy kruisdood en opstanding bewerkstellig het, Sy hemelvaart en wederkoms.

On-Bybelse Standpunte
Indien on-Bybelse standpunte gestel sou word, moet die algemene gees en strekking van die program die lig van die Woord só daarop laat val dat die Bybelse standpunt by die luisteraars inslag vind.

Kerke
Radiokansel bied nie aan kerke as sodanig uitsaaigeleenthede nie, maar nooi radiomatige indiwidue uit verskillende kerke om programme aan te bied en in programme op te tree. Geen proselietmakery word toegelaat nie. Alle aanbieders moet die Verklaring van Geloof van Radiokansel onderskryf.

Luisteraars
Die inhoud van die programme moet rekening hou met die luisteraarsverskeidenheid.

Fondse
Fondse mag slegs vir Radiokansel in uitsendings gevra word en nie vir enige ander instansies nie.

Ander Godsdienste
Ons erken dat Suid Afrika 'n multi-godsdienstige land is, waar vryheid van aanbidding as 'n grondwetlike reg gewaarborg word. Alhoewel ons die reg van ander godsdiensgroepe respekteer om hulle oortuigings te propageer, verkondig ons met oortuiging die ewige, onveranderlike waarheid van die evangelie soos dit in die Skrif weergegee word.

Afbrekende kritiek teen ander godsdienste word nie toegelaat nie.

Kontroversiële Sake
Wanneer dogmatiese strydpunte gehanteer word, word dit onder leiding van die Besturende Direkteur gedoen. Kleiner sake waaroor Christene met mekaar verskil, moet versigtig gehanteer word. Alhoewel Radiokansel relevant wil wees, word die propagering van partypolitieke standpunte nie toegelaat nie.

Kontroversiële Persone & Aksies
Persone en aksies wat as kontroversieel beleef word, mag slegs met die skriftelike toestemming van die Besturende Direkteur vir uitsending gebruik word.

Musiek
Die musiek wat gespeel word, kan uit verskillende style en aanbiedingswyses bestaan. Twee absolute vereistes word egter aan vokale musiek gestel:

  • Die inhoud moet Skriftuurlik wees.
  • Die woorde moet duidelik hoorbaar wees.

Reg Voorbehou
Radiokansel behou hom die reg voor om alle programme na goeddunke te keur en te redigeer volgens sy beleid en Verklaring van Geloof. Die Besturende Direkteur besluit finaal daaroor.

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005