Nuusbrief April 2014

Samewerking met UCB Africa

Die reaksie uit Afrikalande was oorweldigend. Tussen 3 000 en 5 000 briewe is van luisteraars ontvang met wonderlike getuienisse van die transformasie wat God in mense se lewens bring. Luisteraars gebruik nie net hul radio's nie, maar luister ook oor hul selfone en na direkte uitsendings op die internet. Soos jou ondersteuning groei en ons bemoedig om die Evangelie aan mense in verafgeleë en vergete plekke te bring, so vermeerder ons vennootskappe oor die luggolwe. Ons hoop dat die nuus oor die uitbreiding van God se Koninkryk (tuis, in Afrika en oor die wêreld) jou vreugde verskaf. Dankie dat jy deel is van hierdie grootse werk.

UCBAfricalogo

Nuwe Ontwikkelinge

Nuwe ontwikkelinge wat ons in staat stel om meer mense te bereik, sluit in:

  • Nuwe LUISTER vir LANGER programskedule: Die nuwe programskedule het op 3 Maart in werking getree. Dit stel ons in staat om vir langer op 'n slag in 'n taal uit te saai wat meer luisteraars verstaan. So word die Woord van God aan meer luisteraars op 'n slag versprei.
  • Ons webblad trek 'n nuwe baadjie aan.
  • Nuwe Radiokansel e-brosjure: 'n Nuwe Radiokansel e-brosjure, met interessante inligting oor die radiostasie, sal vanaf Junie beskikbaar wees. Kontak gerus vir  Audrey Badenhorst by audrey@radiokansel.co.za indien jy graag hierdie e-brosjure wil ontvang. Jy kan dit ook elektronies aan familie, vriende en selgroepe vertoon.
  • I AM jeugbeweging:Radio Kansel se I AM Jeugbeweging, is besig om met rasse skrede te groei. Die aanvraag om die dagstukkie jeugtydskrif, word4u2day, het binne slegs twee uitgawes meer as verdubbel.
sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006