About Us

Kontak Shekinah Kampterrein

Kamp by Shekinah, Radiokansel se ongerepte juweel in die groter Mabula Natuurreservaat

Radiokansel het sy eie ongerepte juweel in die hart van die groter Mabula natuurreservaat, slegs 54 km vanaf Bela-Bela (Warmbad).

Shekinah, Radiokansel se kampterrein, wat ook as opleiding- en ontwikkelingsentrum dien, is voorwaar 'n geskenk uit die hand van die Here. Die kampterrein kan klein groepe tot groepe van ongeveer 150 persone akkommodeer, deur verskillende verblyfsopsies.

KONFERENSIE-FASILITEITE

Daar is drie toegeruste lesinglokale op die terrein: 'n Groot lokaal wat 150 persone kan akkommodeer en twee kleiner lokale vir groepe van ongeveer 25-30 persone.

AKTIWITEITE

Shekinah is ideaal vir Gemeentekampe, selgroepe, Sondagskole, vrouekampe, mannegroepe en ook vir persoonlike wegbreke. Buiten vir akkommodasie en opleidingsfasiliteite bied dit:

•    Wildbesigtigingsritte in die Mabula natuurreservaat
•    Vlugbal-, netbal- en sokkerfasiliteite
•    Tafeltennisfasiliteite
•    Boombesigtigingsroete (half-uur se stap)
•    Gesprekke om die kampvuur
•    Heerlike groot swembad

Kliek hier vir foto's van Shekinah

BESPREKINGS

Vir tariewe en besprekings kontak:

Annemarie en Tom Esterhuizen
Tel: 082 936 9874 / 076 792 5610
E-pos: kamp@radiokansel.co.za
Kontak gerus vir vooraf besigtiging

Kliek hier vir die huidige tariewe

Naam/Kerk/Groep:* Kontaknommer:* E-pos:* Datums verlang: Fasiliteite Kamp Woonstel Mispa Grootte van groep & Addisionele Vereistes: El-Shaddai

Laat toe dat God se teenwoordigheid jou by SHEKINAH omvou!

Direksie & Bestuur

Radiokansel Bestuur

  • Ds K Verhoef - COO
  • Ms W van Schalkwyk - Radio

Kansel Media Groep Bestuur

  • Dr RJ Petersen - Groep Besturende Direkteur
  • Me A du Plessis - Groep Bestuurder: Ondersteuningsdienste
  • Mnr L Conradie - Groep Bestuurder: Finansies & Sekretariaat
  • Me J Lung - Groep Bestuurder: Kommunikasie

Die Besturende Direkteur en Bestuursraad kan gekontak word by:
Radiokansel, Posbus 3436, Pretoria 0001
gospel@radiokansel.co.za
+27 (0)12 334 1200
+27 (0)82 234 3336 (sel)
+27 (0)12 334 1400 (faks)

Radiokansel Direksie

DrLPMcCrystalRoelfDrENgwenya-Seobi

Dr. LP McCrystal
Voorsitter

Dr. Roelf Petersen
Besturende Direkteur

Dr. E Ngwenya-Seobi
Liesel Krause WiidHermyDamonsMarleneFreislich
Me. Liesel Krause WiidPast. H DamonsMe. M Freislich
   
Mnr PA BothaDr AL Mofomme 

Gemeenskapsprojekte

Radiokansel 657AM en 729AM Kaapse Kansel staan in vennootskap met verskeie gemeenskappe en die sakesektor. Hierdeur skenk ons aandag aan die troumatiese werklikhede van gemeenskappe en word 'n daaglikse metgesel vir diegene wat miskien vergete is.

Ons Gemeenskapbou-inisiatief (GBI) is 'n nasionale program wat daarop gemik is om gemeenskappe te bemagtig en op te hef; dit word deur die sakegemeenskap befonds en deur Radiokansel geadministreer. As jy, as 'n sakevennoot, by hierdie inisiatief betrokke wil raak, kontak gbi@radiokansel.co.za

Die geïdentifiseerde vennootskapgebiede sluit die volgende in:

  • Jeugleierskapontwikkeling
  • Geletterdheid- en vaardigheidsopleiding
  • Ondernemingsontwikkeling
  • Gevangenisbediening
  • Waag-om-om-te-gee-projekte

HOOP VIR AFRIKA

UCBLogo

Radiokansel is meer as net 'n radiostasie. Saam met United Christian Broadcasters Africa (UCB Africa) bring ons die boodskap van Hoop aan duisende mense in Suid-Afrika en Afrika. Radiokansel se vennootskap met UCB Africa bemagtig ontluikende Christelike Afrika-radiostasies met nuwe uitsaai-ateljees, opleiding, tegniese raad en bystand.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006