Beraders

Beskikbaarheid

Radiokansel se oorbruggingsberaders kan op die volgende maniere geskakel word:

  • Telefoon: 24 uur per dag: (012) 334-1320
  • WhatsApp: 0769619749
  • Epos: berading@radiokansel.co.za
  • Briewe: Berading, Posbus 3436, PRETORIA, 0001

Aanstelling

Om 'n kwaliteit Bybelse beradingdiens aan die kliënte van Radiokansel en Radio Kaapse Kansel te verseker, word die volgende kriteria en prosedures gevolg wanneer nuwe brugberaders aangestel word:

  • Akkreditasie by SAAP (Suid-Afrikaanse Assosiasie vir Pastorale Werk) in Kategorie 2
  • Bewys en evaluering van toerusting in die teorie en praktyk van Bybelse berading (Die voltooiing van Kursus 1 en 2 van die Assosiasie vir Bybelse Berading en Opleiding word sterk aanbeveel)
  • Ervaring in die praktyk van Bybelse berading onder supervisie
  • Skriftelike en praktiese assessering t.o.v. karakter, kennis en vaardighede
  • Onderhoudvoering
  • Oriëntering in oorbruggingsberading
  • Werk vir 'n proeftydperk van 3 maande onder supervisie

Huidige Beraders

Die 27 oorbruggingsberaders by Radiokansel is deur die Here geseën met opregte geloof en liefde, en is toegerus met 'n ryke verskeidenheid ten opsigte van gawes, ouderdom, beroepsagtergrond, lewenservaring, beradingsopleiding, kultuur en taal.

Bestuurder

Dr. Vorster Combrink bestuur die beradingsdiens die afgelope 10 jaar namens ABBO (Assosiasie vir Bybelse Berading en Opleiding) en tree op as mentor van die beraders. Hy het nagraadse opleiding in Praktiese Teologie, het 28 jaar predikantservaring en werk die afgelope 20 jaar ook as Bybelse berader. Kliek hier vir meer inligting oor ABBO.

Administratiewe Persoon

Sabina Vilakazi is verantwoordelik vir die koördinering en administrasie van die beradingsdiens. Sy is ook 'n baie bekwame Bybelse berader.

Oorbruggingsberaders

Die volgende beraders werk tans by die Beradingsdiens: Alta Saayman, Anjo Fourie, Babs van Dyk, Christina Senosha, David Mokoena, Elaine Eksteen, Frikkie Sauer, Gerrie Lubbe, Horatio Sehoole, Jan Lebogo, Jerry Hlangwane, Joseph Steyn, Leonie vd Bijl, Lileen Smit, Lorna Kent, Louis van Wyk, Lydia Gittens, Mandi Joubert, Marietjie Brittnell, Marlinda Swart, Martie van der Walt, Martina Opperman, Maruska de Jager, Rina Wucherpfennig, Rita Pieterse, Sylvester Makhuvele, Thandi Masango, Thomson Mashakeni.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006