Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Beradingstemas

Bestekopname

Deurgrond my hart, o God, ondersoek my. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie    en lei my op die beproefde pad (Ps 139:23-24).

Op ons lewensreis as gelowiges is daar tye om stil te staan en bestek op te neem ... Wat lê agter?  Wat is die Here se wil vir my pad vorentoe?

Sulke stilstaantye is bv. wanneer ons die skool verlaat; begin werk; trou; of 'n nuwe loopbaan begin. Soms bring die Here ons tot stilstand deur 'n trauma: 'n stukkende ouerhuis; siekte; 'n operasie; afdanking; roof; die dood van 'n geliefde.

'n Stilstaantyd is soos halftyd in 'n sportwedstryd. Die breier wys terug: "Wat het ons as span reg gedoen? Waar het ons droog gemaak?" Hy wys ook vorentoe: "Wat moet ons in die tweede helfte anders en/of beter doen?"

As die Afrigter van die span na die spel kyk, dink Hy dat ek nog in lyn is met sy wedstryd-plan, met sy doel vir my lewe? Is ek bereid om te hoor wat Hy sê, myself te ondersoek, my sondes van die verlede te erken en te bely, hulle agter te laat, weg te gooi, reg te kies en nuut te doen?

As ek dit doen, dan kan en sal die volgende helfte meer impak hê en 'n groter verskil in mense se lewens maak as die eerste helfte. Sien jy ook uit na die res van die wedstryd?

Vorster Combrink (Bestuurder Beradingsdiens)

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005