Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Beradingstemas

Liefde in 'n haatland!

Die geweldenaar vermink of vermoor sy slagoffer met 'n pistool of 'n mes of 'n voertuig!
Of hy sny iemand anders met sy vlymskerp tong uitmekaar.
Of hy gebruik sy gevaarlikste geheime wapen: die gedagtes waarmee hy iemand minag, verwerp en haat.
Of hy doen niks: Hy stap onbetrokke by mense verby.
Met sy dade en woorde en gedagtes en versuim trap die haatreus sy bloedspoor in ons land.

Waar kom die haatdade en haatwoorde en haatgedagtes vandaan?
"Die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart" (Lukas 6:45). Die slegte hart word nie beheer deur God nie, maar deur begeertes (Jakobus 4:1-4).

God is hewig ontsteld oor die haat in ons land. Hy huil oor die lyding, trauma, verliese, dood. Hy  antwoord haters en geweldenaars met ... 'n Liefdeswoord! 'n Liefdesdaad! Sy antwoord is sy Seun! Hy wond sy Seun en straf Hom met die ewige dood in die plek van moordenaars. Deur sy Gees ruk Hy ons haatharte uit en gee vir ons liefdesharte. Hierdie harte word deur die Heilige Gees beheer en voortdurend gevul met gedagtes en begeertes van liefde wat oorvloei in woorde en dade van liefde!

Sal ons land ooit verander?
Ja, as ons the wortel/hart van haat identifiseer en erken.
Ja, as mense se harte verander ... as jóú en mý hart verander!

Dan is die volgende moontlik: Liefdesharte ... liefdeswoorde ... liefdesdade ... liefdeshuise ... 'n liefdesland!

Vorster Combrink  (Bestuurder Berading)

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005