Agting vir die Woord

Elkeen wat hierdie woorde van my hoor en daarvolgens handel,
kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het
Matteus 7:24

Jy stap deur ̓n woonbuurt en steek vas by een huis. Wat sien jy: Die huis is besig om uitmekaar te val: Die dak is halfpad afgewaai, die mure is gebars, die vensterruite is stukkend ... En as jy by die venters inkyk, sien jy die man en vrou veg met mekaar, die kinders word verwaarloos en die ouers se gesag word verwerp. Die vraag is: Waarom lyk mense se lewens soos ̓n murasie?

Jesus verduidelik dit in ̓n kort gelykenis: Twee mans bou elkeen 'n huis. As hulle klaar is, kom kyk die bou-inspekteur. Sal hy 'n sertifikaat uitreik waarop staan: "Goedgekeur"? Die inspekteur se toets is straf: 'n Stormwind ... vloedwater! Wat gebeur? Een huis val inmekaar en word weggespoel. Die ander een bly onbeweeglik staan.

Waarom val die een huis om? Die bouer het verkeerd begin: Oorhaastig. Hy wou gou-gou klaarmaak. Hy bestudeer nie die woorde en sketse op dieargiteksplan nie. Hy volg nie sy bou-voorskrifte nie. Hy volg sy eie kop, begeertes, smake. Bou sommer op die sand. Soos die twee varkies wie se huisies strooi en hout deur die wolf omgeblaas is.

Waarom bly die ander huis staan? Die bouer begin reg. Hy vat sy tyd, lees die bou-plan deeglik en volg die bou-instruksies noukeurig. Hy grawe diep en bou op die rots.

Wat is die verskil tussen die twee bouers? Die een bouer voel niks vir die argitek nie. Hy vertrou Hom nie. Hy dink sy eie idees/woorde is beter. Die tweede bouer het die hoogste agting vir die argitek: vir sy hart, en droom en bedoeling en voorskrifte (woorde).

Die vraag is: Sal my huwelik, gesin, werk bestand wees teen die storms van die lewe: siekte, geldelike probleme, die sorge van kinders grootmaak, versoekings, selfsug?

Daar is net een sekuriteit! Jesus sê: My woorde waarborg sukses. Bou op mý woorde! Bou op Mý! Ek is die Rots, die Waarheid en die Lewe. Repekteer My. Luister na my Woord, dan sal jy 'n lewenshuis bou wat God in stand sal hou en waarmee Hy tevrede sal wees.

Dr Vorster Combrink - Bestuurder Berading

 
sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006