Dag van lewe, of dood

"Dag van die HERE" is 'n profetiese uitdrukking met basies twee betekenisse: heil en onheil; genade en oordeel; lewe en dood. Kyk bv na die volgende dae in die geskiedenis:

  • Skeppingsdag: Nuwe, vars lewe wat ontkiem en uitblom (Genesis 1)
  • Sondvloed: Gevaarlike doodswater, en 'n lewensark wat veilig daarop dryf (Genesis 6-9)
  • Paasfees in Egipte: Die engel wat doodmaak, en lambloed wat verskoon (Eksodus 10-12)
  • Paasfees in die Jerigovlakte: Begin van lewe met God in die belofteland (Josua 4:10-12)
  • Die oordeel van die ballingskap, en die genade van herstel (Joël 1 & 2)
  • Kruisdonker Godverlatenheid (Matteus 27:45-46), en opstandingsheerlikheid (Matteus 28:1-10)
  • Genade van die Koning op sy hemeltroon, en die oordeel van die Regter (Lukas 24:50-52)
  • Pinksterwind en -vuur wat inspireer, maar ook verteer (Handelinge 2)
  • Wederkomsvreugde en eindoordeelskrik (Openbaring 20-22).

Nie een van hierdie "dae" van die HERE is maar net nog 'n dag nie - dis dié dag. En daarom is elke dag dié dag om aan Hom te wy met 'n 24/7/52 kinders-van-die-dag lewe! (Psalm 118:24).

Vorster Combrink (Bestuurder Berading)

 
sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006