Huisgesin op die Rots

In Matteus 7:24-29 sê Jesus Christus:  Bou jou lewe, jou huwelik en gesin op My en my woorde! Ek is die Argitek, Verlosser en Bouer van jou huisgesin!

Baie gesinne bou nie op 'n  Jesus-fondament en met sy Woord-stene nie.  Ouers stort al hulle energie in hulle loopbane en hoë lewensstandaard;  kom soms opgestres (laat) tuis na 'n dag van te hard werk en/of speel;  verwaarloos Bybellees en gebed;  leef sonder inspraak van medegelowiges; geniet nie die kinders nie, of is nie trots op hulle nie -  eerder ongeduldig en afbrekend; verwaarloos hulle huwelik en skei ...

Kinders reageer soms negatief op hulle ouers:  Is rebels en sonder respek; probeer manipuleer;  onttrek; ontwikkel 'n slegte selfsiening; is oorafhanklik van aanvaarding deur hulle maats; soek troos in verslawings; verloor hoop, raak depressief, sny hulleself, loop weg, oorweeg selfmoord ...

Ouers behoort die leiding te neem om hulle gesinne op Jesus Christus en sy woorde te bou:  Betoon respek aan die Artgitek van jou gesin; maak seker julle verstaan sy bouplan goed uit sy Woord;  leef 'n persoonlike verhouding met God voor julle kinders uit; demonstreer aan  julle kinders 'n kwaliteit huweliks-verhouding;  spandeer genoeg tyd met julle kinders; verstaan jou kind: sy unieke geaardheid, gevoelens, denke, behoeftes, passies, talente, ideale; beweeg in jou kind se kinderwêreld in en kommunikeer met hom op sy vlak; moedig  jou kind aan om sy unieke ontwerp te ontwikkel; stel duidelike en billike grense aan jou kind en straf hom toepaslik as hy oortree; wys warmte en liefde deur drukkies, aandag en pret.

Vorster Combrink (Bestuurder Beradingsdiens)

 

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006