Kies om Jesus se onselfsugtigheid na te volg

Filippense 2:1-11

Wie in Jesus glo, volg Hom na: Dink soos Hy, voel soos Hy, doen soos Hy, is onselfsugtig soos Hy.

Jesus Christus het sy Vader en ons onselfsugtig lief:

  • Die Koning wat geregtig is om gedien te word, word 'n dienaar wat bereid is om te dien.
  • Die Besitter word 'n besitlose slaaf.
  • Sy Hoogheid word word die laagste.
  • Die Meeste word die minste.
  • Die Heilige maak Hom tuis in 'n sonde-vuil omgewing.
  • Die Here en Meester kniel om sy dissipels se voete te was.
  • Die Geseënde kies die dood van 'n goddelose en vervloekte aan die kruis (Heb 10:7-10).

Jesus Christus het nie krampagtig aan sy Goddelike heerlikheid vasgeklou ter wille van sy eie voordeel nie. Inteendeel, Hy kies om sy Vader se eer en voorop te stel. Hy kies om ons mense se belange eerste te stel.  Sy onselfsugtigheid spoor ons aan om onsself onselfsugtig  vir mekaar te gee:

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was (Filippense 2:5).    Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié  van ander (3-4).

Ons leef in selfsugtige wêreld waarin mense dink: “Ek is die belangrikste; mense moet aan my gee wat ek wil hê; ek sal selfs by ander vat wat ek wil hê; my belange en agenda kom eerste”.  As gelowiges kies ons om Jesus na te volg. Soos Hy, is ons gehoorsaam aan ons Vader. Soos Hy is ons sensitief vir en prakties betrokke by ander se nood.  Soos Hy kies ons teen ons eie gemak en voordeel vir die voordeel van ons naaste.

Dr Vorster Combrink  -  Bestuurder Berading

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006