My gesin... Gebou op die Rots

Elkeen van ons begeer 'n mooi huwelik en gesin. Maar die praktyk vloek dikwels daarteen: 50% huwelike in ons land ontbind;  baie gesinne word gekneus deur HIV en geweld; gesinslede leef by mekaar verby; kinders word verwerp en beland op straat; kinders verwerp God en hulle ouers se gesag.

Waarom misluk huwelike en gesinne? Die rede hiervoor gee Jesus in sy gelykenis in Matteus 7:24-27: Die dwaas begin oorhaastig om sy huis te bou. Hy lees nie die bouplan behoorlik nie, maar volg sy eie kop, en bou sommer op die sand. Hoekom? Hy het nie respek vir die argitek se plan nie; hy volg sy eie begeerte: Die ander gesinslede is daar ter wille van my. Die gevolg?  Hy dop die toets van die bou-inspekteur. Sy huis vergaan in die tsunami’s  van die lewe ... soos die wolf wat die varkie se strooihuis omgeblaas het!

Die wyse mens daarenteen het die allerhoogste respek vir die Ontwerper van van die gesin. Daarom begin hy by Jesus en sy woorde, sy bedoeling en voorskrifte vir die gesin. Hy verkeer met God in sy raadskamer en bestudeer sy wil vir die huwelik en gesin in sy Woord. Hy lewe met liefde in sy huis deur die krag van die Heilige Gees. Sy huisgesin is 'n klein gemeentetjie wat gebou is op Jesus Christus (Matteus 16:16-18).

Die lig van hierdie gesin vertel vir almal van God se genade en verheerlik Hom!

Dr Vorster Combrink  (Bestuurder Beradingsdiens)

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006