My planne vir 'n nuwe jaar

Ons kan 'n nuwe jaar aanpak met 'n toegeklemde hand of met 'n oop hand. 'n Toe hand klem eie insigte en planne vas, en hou dit toe vir God en mense. 'n Oop hand ontbloot begeertes voor God en verwag sy inspraak, goedkeuring en leiding.

'n Toe hand beteken: Ek vat beheer oor my lewe (Job 20:6; Jes 37:23; Eseg 28:2); maak my eie planne (Gen 11:6; Jes 30:1; Jak 4:13); soek my eie belange (Fil 2:4); beplan om sonde te doen (Ps 64:6; Miga 2:1); vertrou op my eie insigte (Spr 3:5); weerstaan die Heilige Gees (Hand 7:51); is onleerbaar en onaanpasbaar (Spr 12:15; 15:22).

Ek kan ook 'n nuwe jaar met 'n oop hand leef: Ek fokus op die groot Beplanner (Ps 143:6; Matt 6: 33; Kol 3:1-3); is byvoorbaat gewillig om in te val by sy planne (Job 42:2); maak seker dat my planne op suiwer motiewe berus (Spr 21:1, 21); is bereid om my planne te toets en aan te pas (Ps 139:23-24); steun op die Heilige Gees vir insig en wysheid (Spr 24:3-4; Ef 1:17; Kol 19), vir gawes (1 Kor 12:4,7) en vir krag (Ef 5:17-18; Gal 5:22-25); gebruik raadgewers  (Spr 15:22); werk toegewyd (Spr 18:9; Pred 9:10; 11:6; Gal 5:6); benut elke geleentheid (Ef 5:15-17).

Mag jy 'n oop-hand hê!

Vorster Combrink (Bestuurder Beradingsdiens)

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006