Oop vir die wil van God

Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God,
maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons nageslag:
ons moet lewe volgens al die woorde van hierdie wet.
Deuteronomium 29:29

Daar gebeur soms goed met ons wat ons glad nie verstaan nie: 'n Kerkgebou tuimel inmekaar en gelowiges sterf; 'n bejaarde word wreed aangerand, my kleinkind kry kanker; my lewensmaat sterf ...

Hierdie dinge was nie vir ons vooraf bekend nie. Ons weet ook nie wat in die toekoms vir ons wag nie. God laat dinge in ons lewe toe: Wie ons ouers is, waar ons woon en leef, watter mooi en lelike dinge met ons gebeur. Dag na dag ontvou sy soewereine plan in ons lewe. Hoe moet ons daarop reageer?

Moenie in God se terrein probeer indring nie (Job 40 en 41). Moet jou nie moeg maak om die onverstaanbare te probeer verstaan nie (Psalm 131:1). Vertrou die Here wat goeie en slegte dinge goed laat uitwerk vir sy kinders (Rom 8:28).

Daar is wel dinge waarvoor ons verantwoordelik is. Ons Vader verwag van ons om binne die situasies wat Hy beskik, ons te bekommer oor wat aan ons bekend is. Wat ons weet, en wat helder en duidelik is, is dat ons God en ons naaste moet liefhê soos onsself. (Deut 6:4-5; 30:6). Dis ons terrein, die kring van ons verantwoordelikheid. En Hy stel ons ook in staat om hierdie wil van Hom te verstaan en te doen (Deut 30:11-14; Kol 1:9). Hierdie fokus bring goeie stres, ywer, inspanning, toewyding (Fil 4:8-9).

sirkelVerantwoordelikheid

Kom ons stel ons oop vir God: Vir dit wat Hy beskik en toelaat, en vir dit wat Hy van ons verwag!

Dr Vorster Combrink - Bestuurder Berading

 

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006