Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Voorspoedige Nuwe Jaar!

Wat bedoel jy met "voorspoedige" Nuwe Jaar?
Ek kon nie eers verlede jaar bereik wat ek graag wou nie!

Vir baie mense beteken "voorspoed": As my planne uitwerk, as ek kry wat ek graag wil hê: gesondheid, salarisverhoging - en as dit nie so uitwerk nie, dan verloor ek spoed en dink: Watter versekering het ek dat enigiets wat ek vanjaar aanpak, sal slaag?

God gee 'n waarborg vir sukses. Hy verseker Josua (1:1-9) dat hy daarin sal slaag om die land Kanaän deur oorlog in te neem.

Daar is egter duidelike voorwaardes vir sukses:

  • Stel God voorop, en jouself tot sy beskikking.
  • Maak baie seker van sy agenda, dit waarvoor Hy jou wil gebruik.
  • Vertrou Hom: Hy sal jou help om sy plan uit te voer.
  • Bestudeer sy Woord, wag op die Here, en gehoorsaam Hom stiptelik.
  • Laat jou lei deur sy Gees (Num 27:18).
  • Moet jou nie laat afskrik of rem deur teenstand nie.
  • Volhard, al vra dit sweet en stryd.

Josua (Die Here red) was suksesvol ... en sy naamgenoot, Jesus (Redder), nog meer: Hy slaag daarin om sy Vader deur sy lewe, dood en opstanding te verheerlik!

Laat jou in die nuwe jaar lei deur sy Gees ...

"Dan sal jy slaag in wat jy moet doen,
jy sal voorspoedig wees" in God se oë (Jos 1:8b).

Vorster Combrink  (Bestuurder Berading)

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005