Die Woord vir Vandag

Lukas 15:20 NLV 
2015-06-01Geskryf deur Bob en Debby Gass
God se belofte aan die verlorenes (1)
Pastoor James Bradley het 'n interessante en grootliks onbekende aspek oor die verhaal van die verlore seun uitgewys. Joodse families wat in klein dorpies gewoon het, was baie na aan mekaar en die mense het mekaar goed geken. Toe die jonger seun sy pa vir sy erfporsie gevra het, was dit soos om te sê, 'Ek kan nie wag totdat jy doodgaan nie. Ek wil dit wat myne is, nou hê!' So iets was ongehoord. Die seun het weggegaan, al die waardes wat hy by sy ouers geleer het, vergeet, en sy erfporsie op partytjies en prostitute uitgemors. As 'n resultaat daarvan was hy brandarm, en het na varke omgesien. Jy kan jou die stigma daaraan verbonde vir 'n Jood indink. Nadat hy sy pa se hart en die reëls van sy gemeenskap gebreek het, het hy besluit om huis toe te gaan. Dis toe dat sy pa na hom hardloop om hom te ontmoet. As hy die huis eers gehaal het voordat sy pa hom ontmoet het, sou die dorp se ouderlinge 'n 'seremonie van oneer' vir hom gehou het. Hulle sou 'n klei vaas op die grond voor hom gebreek het, wat beteken het dat die gemeenskap alle bande met hom verbreek en dat hy nie meer welkom is nie. Dis hoekom sy pa na hom toe gehardloop het en hom omhels het. Daardeur het hy gesê, 'Ek moet my seun met genade bereik, voordat hulle hom met die wet bereik. Ek moet hom hoop gee voordat hulle dit van hom af wegneem. Ek het 'n ander seremonie in gedagte; 'n fees oor sy tuiskoms wat sy restourasie vier.' Wat die pa vir sy verlore seun gedoen het, sal God vandag vir jou doen; as jy net na Hom toe draai.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006