Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

1 Korintiërs 1:26 NLV 
2018-02-09Geskryf deur Bob en Debby Gass
God gebruik gewone mense (2)
Max Lucado skryf: 'Edith Hayes was 'n lewendige tagtigjarige met 'n onversadigbare passie vir die suide van Florida se kankerpasiënte. Ek was pas uit die kweekskool in 1979 en het in my kantoor tussen 'n klomp bokse gesit wat nog nie uitgepak was nie, toe sy daar instap en haarself voorstel. 'My naam is Edith en ek help kankerpasiënte.' Sy het haar hand uitgesteek. Ek het vir haar 'n stoel aangebied wat sy beleefd van die hand gewys het. 'Te besig. Jy sal my span elke Dinsdagoggend hier by die kerkgebou sien. Jy is welkom om te kom inloer, maar as jy dit doen sal ons jou in die werk steek.' Haar span, het ek met tyd geleer, het 'n honderd of so bejaarde tannies ingesluit wat hulself met die onsmaaklike taak van wondversorging besig gehou het. Hulle het kankerwonde hulle missie gemaak, elke Dinsdag trokkevol weggooibare pleisters saamgestik en dit dan deur die week aan kankerpasiënte afgelewer. Edith het in 'n klein huurwoonstelletjie gewoon, van haar wyle man se pensioen gelewe en applous met alle mag vermy.' Edith se storie doen weg met die verskoning: 'Ek is te oud om iets vir God te doen.' Noag was oor die seshonderd jaar oud toe hy uit die ark gestap het en die menslike ras van voor af begin het. As jy ouer is, dink so daaraan: Jy is 'n lopende bron van dekades se wysheid en kennis. Voor jy dus hierdie aarde verlaat, wy jouself daaraan toe om aan ander te gee wat God aan jou toevertrou het. Op hierdie oomblik het iemand, êrens, iets nodig wat jy het en as jy God vra, sal Hy vir jou wys wie hulle is. Wanneer Hy jou wys - raak betrokke!
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005