Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

Genesis 41:35-36 NLV 
2018-02-12Geskryf deur Bob en Debby Gass
Finansiële raad (2)
Josef het vir Farao goeie finansiële raad gegee wat ons almal kan volg: 'Laat hulle al die kos en graan van hierdie goeie jare in koninklike skure stoor... Op hierdie manier sal daar genoeg wees om te eet wanneer die sewe jaar van hongersnood aanbreek. Indien dit nie gedoen word nie, sal 'n ramp die land tref en al die mense sal omkom' (verse 35-36 NLV). Hoe het Farao gereageer? 'Die farao en sy raadgewers was in hulle skik met Josef se voorstelle' (vers 37 NLV). Jou finansiële sekuriteit in die toekoms word gewaarborg as jy hierdie drie Skriftuurlike beginsels uitoefen: 1) Gee jou tiende. '...Bring al die tiendes na die stoorkamers toe... Toets My hierin of Ek nie vir julle die vensters van die hemel sal oopmaak nie. Ek sal voorspoed op julle laat reën wat meer as genoeg vir julle sal wees!' (Maleagi 3:10 NLV). 2) Spaar. Dissiplineer jouself om 'n sekere persentasie van jou inkomste te spaar. Moenie bekommerd wees as dit net 'n klein bedrag is nie, maak dit net 'n prioriteit! As jy dit nie doen nie, sal jy dit op ander dinge spandeer en nooit jou langtermyn doelwitte van universiteit, aftrede of werk vir die Here bereik nie. 3) Betaal jou skuld af. Na jy jou tiende vir God gegee het en gespaar het, strewe daarna om al jou finansiële verpligtinge af te betaal. Hou op om net die minimum op jou kredietkaart af te betaal. Deur hom nie ten volle elke maand af te betaal nie, betaal jy op die ou einde meer as wat jy moet. Betaal soveel skuld as moontlik af, selfs al moet jy sonder 'n paar goed vir 'n rukkie klaarkom. Op die ou einde sal jy voorspoedig wees.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005