Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

Jakobus 1:14 ABA 
2018-02-28Geskryf deur Bob en Debby Gass
Geheime vir selfbeheersing (1)
Kom ons kyk vir die volgende paar dae hoe om selfbeheersing te ontwikkel. Hier is die eerste stap: Aanvaar verantwoordelikheid vir jou gebrek aan selfbeheersing. Erken jou probleem. 'Elkeen wat verkeerde dinge doen, doen dit omdat hy self lus is om dit te doen...' Die grootste rede hoekom jy dinge doen - is omdat jy daarvan hou! Wanneer jy weet dat iets vir jou sleg is en dit steeds doen, is dit omdat jy dit wil doen. Soms probeer ons die probleem van selfbeheersing ignoreer of ons ontken dit: 'Watse probleem? Ek het nie 'n probleem nie,' of 'Dis maar net hoe ek is,' of 'Almal anders doen dit.' Soms blameer ons ander: 'As ek maar net ander ouers gehad het,' of 'Die Duiwel het my dit laat doen.' Solank as wat jy jou energie op verskonings mors, kan jy nie vooruitgang maak nie. Jakobus wys ons daarop dat ons daarvan hou om die pad van die minste weerstand te volg en dit is gewoonlik maar die maklikste om net tot die versoeking toe te gee. Die beginspunt om selfbeheersing te ontwikkel, is om dit wat God reeds in sy Woord gesê het, in die gesig te staar: '...elkeen wat aanhou sonde doen, is 'n slaaf van die sonde' (Johannes 8:34 NLV). Wil jy meer selfbeheersing hê? Erken dan dat jy 'n probleem het en wees spesifiek daaroor: 'Ek het hierdie probleem. Dis waar ek hulp nodig het.' Jy mag dalk 'n probleem met kos, drank, dwelms, werk, jou humeur, geld, oefening, seks, televisie, klere of tyd hê - al hierdie areas het selfbeheersing nodig. Gaan dus vandag op jou knieë en praat met God oor jou probleem, met die geloof dat jy dit met sy hulp kan oorkom.
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005