Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Die Woord vir Vandag

Handelinge 6:4 NLV 
2018-03-10Geskryf deur Bob en Debby Gass
Maak gebed 'n prioriteit
In Disciplines of a Godly man, sê die pastoor en skrywer R. Kent Hughes: 'Jay Sidlow Baxter het een maal 'n bladsy uit sy eie persoonlike dagboek met 'n groep pastore gedeel wat hom oor die dissipline van gebed uitgevra het. Hy het begin vertel hoe hy die bediening betree het, vasbeslote om 'n ware man van gebed te wees. Dit was egter nie lank voor sy toenemende verantwoordelikhede, administratiewe pligte en die subtiele voorwendsels van die pastorale lewe begin het om gebed eenkant toe te druk nie. Verder het hy begin gewoond raak daaraan en het verskonings vir homself gemaak. Een oggend het alles egter tot 'n punt gekom toe hy voor sy lessenaar wat met werk bestrooi was gestaan het en op sy horlosie gekyk het. Die stem van die Gees het hom geroep om te bid. Terselftertyd het 'n fluweelsagte stem hom aangesê om prakties te wees en sy korrespondensie te beantwoord, en dat hy moet besef dat hy nie die 'geestelike tipe' is nie. 'Daardie laaste opmerking,' sê Baxter, 'was soos 'n dolk in die hart. Ek kon my nie indink dat dit kan waar wees nie.' Hy was met afgryse vervul oor sy vermoë om die grondslag van sy pastorale krag weg te rasionaliseer.' Verstaan mooi: Minute wat jy in gebed belê, sal vir jou meer beteken as ure wat jy aan eindelose aktiwiteite spandeer. Die apostels in die Nuwe Testament het dit verstaan. Soos die kerk groter geword het en hulle besiger geword het, het hulle 'n lewensveranderende besluit gemaak: 'óns sal dan al ons tyd bestee aan gebed en die bediening van die woord.' As gevolg daarvan het die kerk gegroei en vermenigvuldig. Maak dus gebed 'n prioriteit!
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005